Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Kerk Vrystaat: Voltydse senior leierskappos (PSD)

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Vakature: PSD Diens van Barmhartigheid

Voltydse senior leierskappos

SLUITINGSDATUM: 30 OKTOBER 2026.

’n Toegewyde en dinamiese leier met ’n hart vir mense in nood word gesoek om as PSD: Diens van Barmhartigheid te dien. Die pos bied die geleentheid om barmhartigheid terug te bring na die hart van die gemeente: van noodleniging na ’n verhoudingsgebaseerde, missionale diakonaat wat gemeentes self dra.

Die suksesvolle kandidaat kan diakonaat teologies begrond én prakties in gemeentes laat gebeur sodat gemeentes, ringe en ander rolspelers saam doeltreffende en volhoubare ondersteuning bied.

STRATEGIESE FOKUSPUNTE: BARMHARTIGHEID WAT GESTALTE KRY

  • ’n Fokus op die sosio-ekonomiese nood in die Vrystaat: Speel ’n sleutelrol in die bestryding van armoede en sosiale nood. Is gemeentes van hulp in die identifisering van plaaslike nood met die oog op volhoubare ondersteuning.
  • Menswaardigheid en geregtigheid: Barmhartigheid sien die nood van mense in al sy vorme raak ten einde ’n menswaardige bestaan en geregtigheid vir almal te bewerkstellig.
  • Van liefdadigheid na wederkerigheid: Gemeentes beweeg van korttermyn-noodleniging na ’n verhoudingsgebaseerde betrokkenheid waar herstelde verhoudings en die erkenning van die gawes van gemeenskappe seёvier.
  • Barmhartigheid in vennootskap: Die bediening gebeur saam met verskeie rolspelers, ander kerke en organisasies, vanuit ’n gedeelde visie en waardes.

SLEUTELVERANTWOORDELIKHEDE

  • Ontwikkel en implementeer ’n koherente diakonale bedieningsbeleid en strategie vir die Diens van Barmhartigheid.
  • Inspireer, rus toe en adviseer gemeentes en ringe om werklike gemeenskapsbehoeftes te bepaal en volhoubare betrokkenheid te bou.
  • Bou en onderhou ’n verhoudingsgebaseerde samewerkingsooreenkoms met diensorganisasie en nodige rolspelers, met ’n gedeelde visie en duidelike rolverdeling.
  • Lei teologiese besinning en navorsing oor ’n diakonale ekklesiologie.
  • Dien as verbindingspersoon tussen sinodale strukture en die gemeente.

VEREISTES

  • Gelegitimeerde leraar van die NG Kerk met ’n relevante tersiêre kwalifikasie.
  • Bewese rekord van ’n sterk roepingsbewustheid vir mense in nood.
  • Sterk interpersoonlike en bemiddelingsvaardigheid, met die vermoë om vertroue tussen gemeentes en nodige rolspelers te bewerkstellig.
  • Uitstekende kommunikasie-, organisatoriese en administratiewe vaardighede.
  • Finansiële insig in begrotings, fondsbestuur en verslagdoening.
  • Vermoë om onafhanklik en as deel van ’n span te werk, met sterk besluitnemingsvermoë.
  • Bereidheid om te reis en betrokke te wees by verskillende geografiese kontekste.

Diensaanvaardingsdatum: 1 Januarie 2027 of soos onderhandel.

Navrae: Ds Jors Reynders by 082 783 0730 of jomarey@mweb.co.za.

Aansoeke: Stuur ’n volledige CV en dekbrief met persoonlike bedieningsfilosofie en motiveringsrede vir die posaansoek na: Mnr Adriaan de Ruiter by reken@ngkvs.co.za (vermeld “PSD Diens van Barmhartigheid” in die onderwerpreёl).

Die NG Kerk Vrystaat behou die reg voor om geen aanstelling te maak nie.

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.