Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Duisende maskers word benodig om haweloses en vrywilligers in skuilings tydens inperking te beveilig, luidens 'n verklaring deur MES.

Maskertekort: So kan jy help

Laai hierdie prent af deur daarop te kliek.

Trek jou naaldwerkmasjien nader en help om haweloses en vrywilligers in en om Kaapstad te beskerm.

Meer as 5 000 maskers word benodig om haweloses en vrywilligers in skuilings tydens inperking te beveilig, het die middestadbedieningsorganisasie MES Kaapstad laat weet.

Luidens ’n verklaring deur MES het die regering sy beleid rondom maskers aangepas, en beveel hulle nou aan dat Suid-Afrikaners ook materiaalmaskers, van drie lae, kan dra vir beveiliging teen die Covid-19-virus.

Eerstens moet gretiges die instruksies by http://homeless.org.za/lockdown/#masks volg. Hiervoor het jy jou eie materiaal en toerusting nodig.

 

Laastens kan die maskers by vier afsetpunte afgelewer word:

  • MES-hoofkantoor: Daviesstraat 3, Bellville (weeksdae tussen 9:00 en 16:00)
  • Vineyard Engen-vulstasie: Hoofweg 2, Nuweland
  • U Turn-sentrum: Hoek van Hawthorne en Claremont Blvd (weeksdae tussen 10:00 en 14:00)
  • Service Dining Rooms: Canterburystraat 82, Zonnebloem (weeksdae tussen 7:00 en 14:00)

Indien aflewering nie moontlik is nie, kan Anelle Erasmus by anelle@mes.org.za of 021 949 8736 gekontak word.

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top