Vlugtelinge in Namibië trek swaar

Die program om vlugtelinge in by te staan is byna op haar knieë! Gewoonlik verdien hulle deur hulle projekte genoeg geld om die nuwelinge en die wat sukkel te ondersteun en te onderhou. Volgens Freddy Murinde het die inperkingsbevel al hulle projekte tot stilstand gedwing, het die Feldmuis von Schanzen, die NG Kerk in Namibië se amptelike nuusbrief, berig.

Die projekte verseker dat die wat werksaam is selfonderhoudend kan wees. Uit winste wat hulle korpratief deel, help hulle dan die ander. Ongeveer $100,000 word maandeliks so gespandeer.

Nou is daar geen inkomste nie.

Die eerste respons was om soveel as moontlik van die wat buite die Osire kamp gewoon en werk het, terug te skuif. Ruim 90% is so teruggeskuif. Dit plaas groot druk op die World Food Programme van die VN, maar ten minste kry inwoners daar genoeg kos vir ’n halwe maand elke maand. Die res raap en skraap Freddy en sy medewerkers bymekaar.

Die grootste uitdaging is die 200 huisgesinne wat hulle nie na die kamp kon skuif nie en ook sonder inkomste is. Die mense kwalifiseer nie vir die staatshulp wat uitgedeel word nie, en is prakties sonder heenkome.

Ricky is aan die stuur van sake in die Vlugtelingkamp en doen maatskaplike opheffingswerk en koordineer die ondersteuning in die kamp.

Freddy is werksaam wyer in die land – hulle versorg die vlugtelinge wat veral in Katima Mulilo vasgevang geraak het agv ’n reisverbod op hulle. Die is reeds ingestel met die afkondiging van die noodtoestand meer as drie weke gelede.  Aangesien daar geen ander hulp vir hulle is nie, moet die program daar voorsien in die behoeftes van die nuwe aankomelinge.

As jy wil help om die mense se lot te verlig kan jy finansieel bydra daartoe. Klere vir beide geslagte en alle groottes (van babas af) is nodig en met die naderende winter veral warm klere, beddegoed, komberse, skoene.

Kontak Thijs hieroor by E-pos: alg.sekr@ngkn.com.na of skakel 0811243641.