Getroue intekenaars en lesers
Ons werk onverpoosd aan die skryf van stories en die digitale publisering van nuus, opinies en lesersbydraes. Daar is vyf opsies om Kerkbode-inhoud in die hande te kry. Twee van daardie opsies is nuut en ons wil julle aandag graag daarop vestig.
- Kerkbode se digitale platform. Dit is waar die meeste mense ons stories lees. Besoek gereeld hierdie platform – www.kerkbode.co.za – of gaan “like” ons Facebookbladsy indien jy verkies om via sosiale media jou nuus te ontvang:
- Die Kerkbode–app is vir Apple– en Android-fone beskikbaar.
- Die e-Kerkbode … Hy lyk soos ’n koerant en hy blaai soos ’n koerant, maar jy kan nie jou braairooster met hom skoonmaak nie. Dit is die sogenaamde e-koerant of pdf-koerant. By dié SKAKEL lê al die uitgawes.
- Jy kan ook die e-koerant aflaai en aanstuur vir ander lesers. Hy is 5 MB groot, met ander woorde ’n bietjie groter as foto’s, maar ’n bietjie kleiner as video indien jy bedag is op data-implikasies vir die gebruiker / ontvanger. Laai ’n voorbeeld HIER af.
- Jy kan die e-koerant per Whatsapp ontvang deur die vorm hieronder in te vul.
Intekenaars met navrae kan gerus ’n e-pos stuur aan Viona Ross by viona@tydskrifte.co.za.
Dankie vir jou begrip en ondersteuning
Die Kerkbode-span.