Hierdie is 'n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.
Dr Henrietta Klaasing van Randfontein skryf:
Besluit 10 van die AS 2019 betreffende selfdegeslagverbintenisse verwys.
God se volmaakte plan vir egverbintenisse en hulle nageslag kry ons in Genesis 1 en 2 voor die sondeval. Dit is dus nie deur mense geskep nie, maar deur God ontwerp. God het hulle as man (Hebreeus “ish”) en vrou (“ishah”) geskep om mekaar aan te vul en by te staan. Adam en Eva is die oorspronklike egpaar, as familie geskape met die vermoë om voort te plant. Die ideale gesin is nie poligamie of promiskuïteit, die hou van minnaresse of byvroue nie, nie buite die huweliksband of egbreuk nie. Dit is nie ’n selfdegeslagverbintenis nie.
Die bestaande formulier begin deur te verklaar dat die huwelik deur God ingestel is toe Hy aan die begin gesê het: “Dit is nie goed dat die mens alleen is nie; Ek sal vir hom iemand maak wat hom kan help, sy gelyke” (Gen 2:18). Jesus as Seun van God (en mede-Skepper) gee gesag aan die eg as instelling van God deur daarna te verwys in Matteus 5 en 19. Dit is ’n verbond gesluit in die kerk voor God en sy gemeente as getuies.
Om kinders te hê word ook genoem in die huweliksformulier: “Maak hulle groot met die dubbele versekering: Ons is gebore uit die liefdesverbond tussen ons ouers en ons leef as huisgesin uit die genadeverbond wat die hemelse Vader met sy kinders in stand hou.”
“Daarom sal ’n man sy vader en moeder verlaat en saam met sy vrou lewe, en hulle sal een word” (Gen 2:24), verduidelik dat hulle twee nou een word, een in die gesin, met bepaalde doelstellings en in eenheid. God het die mensdom geskape, en toe het Hy die huwelik geskape. Die Bybelse egverbintenis en familie is ’n Goddelike instelling. “Toe het God hulle geseën en vir hulle gesê: “Wees vrugbaar, word baie, bewoon die aarde en bewerk dit.” In ’n verbintenis tussen persone van dieselfde geslag kan kinders nie verwek word nie. Dit sal egbreuk wees wanneer kinders deur een van die persone in ’n selfdegeslagverbintenis met persone van buite se hulp verwek word. Die norm en standaard vir al die huwelike in die Bybel is heteroseksueel. Hooglied beskryf ’n heteroseksuele liefdesverhouding tussen ’n man en ’n vrou met die oog op ’n egtelike verbintenis op verbondsbeginsels. Jesus se geslagsregisters is gebaseer op heteroseksualiteit.
Formuliere is plegtige eedsverklarings wat in ’n kerk voor God en voor ’n gemeente gesluit word. In die NG Kerk is daar formuliere vir belydenisaflegging en huwelike, bevestigings van die ampte en by die sakramente van die Nagmaal en doop. Deur ’n formulier op te stel vir selfdegeslagverbintenisse word dit op dieselfde vlak gestel as reeds bestaande formuliere in gereformeerde kerke.
Gaan u as ATLAS verantwoordelikheid aanvaar vir punt 10, wat indruis teen dit wat die Bybel leer aangaande die huwelik en wat tans as formuliere beskou word in die NG Kerk? Hoe kan die beoogde verbintenisse kerklike instellings wees? Hoe gaan dit Bybels gefundeer word?

3 VRAE:
Help my asseblief om te verstaan:
1) Gaan hierdie formulier lei tot opbou van die kerk (LW: Waar Jesus die Hoof is) of gaan dit lei tot (verdere) skeuring/suiwering?
2) In ag geneem dat Jesus verduidelik dat die huwelik voortvloei uit die skepping van die 2 geslagte (waarby Hy as God betrokke was) en ook bevestig dat die huwelik ‘n spesiale verbintenis is tussen twee persone vanuit die 2 geslagte, gaan hierdie formulier die Goddelike outoriteit van Jesus se woorde bevestig of gaan hierdie formulier afbreek maak aan die Goddelike outoritiet van Jesus se woorde?
3) Waarom sal God deur Sy Gees vir een klomp van sy kinders sê dat Hy hierdie formulier en selfdegeslagverhoudings goedkeur en, terselfdertyd, vir Sy ander kinders deur diesefde Gees oortuig dat dit teen Sy wil is?
Uitstekend en Skrif getrou. Hierdie waarheid sal ons vry maak om God sé stem in ‘n tyd soos hierdie nog duideliker te hoor en te gehoorsaam
Ek stem volkome saam. Daar is geen manier hoe die kerk God by ñ huweliksformelier kan betrek (seën) waar Sy wil nie die sentrale punt weerspiël van ñ eg verbintenis nie, soos die skrywer dit duidelik stel. Om humanisme te bevorder, sal dit beter wees om persone in die eg te verbind sonder om God daarby te betrek. Byvoorbeeld: wat ek (en nie God) in die eg verbind mag niemand ontklaar maak nie ens.
Baie dankie vir n uitstekende bydrae. Ek is egter onseker of enige hoeveelheid Bybelse waarheid hierdie skip van sy huidige rigting kan verander. Die diepgewortelde humanisme tesame met die hantering van die Woord van God in die NG Kerk laat my wonder of die NG kerk ook van Jesus met sy terugkoms, soos die gemeentes in Openbaring, sal hoor:”Dit het ek teen julle….”
Regtig belangrike skrywe deur dr Klaasing. Die moderatuur se antwoord sal interesant wees met inagneming van die Skrif.
Ons verwelkom lesersbydraes en herinner deelnemers aan die gespreksriglyne: https://kerkbode.christians.co.za/kommentaarbeleid/
Ons hoofregter was na die laaste Algemene Sinode genooi om `n woordjie te bring. Hy het geleentheid vir `n vraag of twee gegee. Iemand vra hom toe wat hy dink van die sinodes se vasgeloopte besluit oor selfdegeslagverhoudings wat toe pas geneem is.
Die regter het `n Gamaliël tipe antwoord gehad. Hy sê vir die sinode dat die staat volgens die grondwet homoseksualiteit en dus selfdegeslagverbintenisse wettig. In die kerk werk ons met die Bybel waarvolgens hierdie saak verkeerd is. Hy sê toe dat die sinode moet besluit watter een van die twee hulle sal gehoorsaam en daarmee kan hy die sinode nie help nie.
As ons dus selfdegeslagverhoudings teologies probeer regverdig en daarby nog `n formulier opstel wat opstand teen die Woord van God is, het ons besluit om die staat se grondwet bo die Bybel te verhef.
Hierdie skrywe vereis antwoorde. As jy nie Skrif meer kan aanhaal in jou beredenering nie dan eindig jy in ‘n posisie van “vasgelooptheid”. Vandag is ek reeds nie meer lid van die NG Kerk nie maar sal onder sekere toestande met my hele hart wil terugkeer. Vanaf kweekskool tot op AS vlak moet daar ‘n HERKENNING, ERKENNING en ‘n BELYDENIS plaasvind oor wat in my geliefde kerk plaasgevind het. Ongelukkig, soos een skrywer dit gestel het “hierdie skip gaan nie tot stilstand kom nie” praat nie eers van INKEER (omkeer), nie. Ek het dus nie goeie vooruitsigte om terug te kan keer nie.
Ek hoop my vorige gemeente het meer lidmate uit die “selfdegeslagverbintenisse” sektor bygekry as wat hulle verloor het agv AS2019 se besluit oor hierdie aangeleentheid. Ek bloei!
Die skrywer begin by Adam en Eva en spring dan NT toe. Vergeet vir een of ander rede die oortredingcan die huwelijsformulier deur Abraham en Jakob en Dawid en Salomo. Verduidelik dit eers aan ky. Verduidelik aan my hoe Adam en Eva se kinders vermeerder het?
Ek is dom eat die goeters betref.
Alwyn, ek is seker nie die beste gekwalifiseerde persoon om jou vrae te beantwoord nie, maar dis tog duidelik dat alles wat gebeur het wat in die Bybel beskryf word nie noodwendig binne God se Wil is nie. Die probleem van sonde is universeel, selfs Dawid, Abraham en die ander helde het soms gestruikel. Jesus is egter nie onduidelik in Mat19 en Markus 10 oor wat God se plan met die huwelik is nie. Die tweede deel van jou kommentaar is ek onseker oor hoe om te antwoord, maar impliseer dat jy wonder oor die “korrektheid” van bloedskande….help my reg sodat ek beter kan probeer antwoord.
Dr. Klaasing, baie dankie vir die baie duidelike Bybelse uiteensetting van die uiters belangrike instelling van God. Ek wil my stem daarby voeg en is nie skaam om die Woord van God soos Hy dit vir ons gegee het duidelik te verklaar en te bely nie. Ons het meet stemme soos joune in die kerk en in die samelewing nodig. Die huwelik soos deur God aan ons gegee is een van die belangrikste boustene van ‘n gesonde samelewing soos God dit bedoel het.
Die kerk sal inderdaad moet besin oor hierdie belydenisse wat uit die Heilige Skrif gebore en gefundeer is.
Enige skip kan omdraai of n ysberg mis. Selfs die Titanic sou dit sydelings kon mis, maar die kaptein het, ongeag waarskuwings van ysberge, die skip volstoom laat voortgaan. Die rede sou later blyk dat n beloning uitgereik sou word indien hy in rekordtyd die nuwe skip oor die Atlantiese oseaan kon kry. Eiebelang dus bo veilgheid! Die sinode kan die NG-skip nog red deur te vra na die wil van God en sy koninkryk eerste te stel bo belange wat indruis teen die Woord van God. Liewer n versigtig remmende kerk wanneer die bybel duidelik die gevare uitwys van gayverbintenisse as n skip wat teen n ysberg skeur en dooie ldmate saam neem na die dieptes.
Dankie Dr Henrietta Klaasing!
As Abraham en Jakob en Dawid en Salomo so teen God se wil opgetree het, waarom word hulle optrede nie duidelik in die Skrif veroordeel nie? Ons vind byvoorbeeld geen aanduiding dat God ‘n probleem gehad het dat Abraham ‘n kind by sy slavin kry toe sy vrou nie ‘n kind kon hê nie. As dit so lynreg teen God se raadsplan indruis sou ‘n mens tog verwag God sou die sondaars daaroor aanspreek.
Ek wonder ook waarom daar nie dieselfde probleme is met mense wat ‘n tweede maal trou nie? Jesus het nooit ‘n homoseksuele verhouding veroordeel nie, maar Hom baie duidelik uitgespreek teen hertrou na ‘n egskeiding. Tog het ek nog nooit enige iemand hoor sê hulle verlaat die kerk omdat daar so baie dominees is wat geskei is en weer getrou het nie. Niemand kon my nog help om dit te verstaan nie. Is dit dalk omdat baie van die mense wat sterk teen homoseksuele verhoudings gekant is self al geskei is en weer getrou het? Wat het dan nou geword van Skrifgesag?
Baie dankie aan die kosbare suster vir die uitwys van ‘n ellende in wording. Ons as NGK het dringend bekering nodig! Die vraag is net : Gaan ons kies vir die Skrif of vir die tydsgees?
Vir nuwe besoekers tot die platform en / of diegene wat nie ons gespreksriglyne ken nie: https://kerkbode.christians.co.za/kommentaarbeleid/
Ons doelwit met die kommentaarafdeling is oop, respekvolle en opbouende gesprek:
Ons oorweeg kommentaar op grond van die volgende riglyne:
* Kommentaar wat ander se geloof en Christenskap bevraagteken op grond van verskillende interpretasies van sekere aspekte van die Christelike tradisie.
* Kommentaar wat ander beledig, ook wanneer dit beskryf word as ’n vorm van godsdienstige vermaning.
* Kru taal of bloot onsmaaklike opmerkings.
* Lasterlike opmerkings, insluitende kommentaar wat daarop gemik is om individue of kerkgemeenskappe skade te berokken.
* Enige vorm van haatspraak, insluitende rassisme, seksisme en homofobie.
* Gespreksgenote wat die bladsy oorneem om ’n eie agenda af te dwing. Dit sluit onder meer in om herhaaldelik aan te dring daarop dat sekere onderwerpe bespreek word, byvoorbeeld om voortdurend gesprekke te begin oor Kerkbode se riglyne vir gesprekvoering en hoe dit toegepas word.
* Kommentaar wat na die oordeel van die gespreksmoderator nie bydra tot respekvolle dialoog nie.
* Dit is nie vir ons moontlik om individuele kommentaar dag en nag te modereer nie.
* Hierdie riglyne vir gesprekvoering sal op ’n gereelde basis opgedateer word soos ons dit nodig ag.
Anoniem, oor poligamie haal ek die volgende aan vanaf creation.com(gaan lees graag daar verder vir meer inligtig):”The clearest evidence that monogamy is God’s ideal is from Christ’s teaching on marriage in Matt. 19:3–6. In this passage, He cited the Genesis creation account, in particular Gen. 1:27 and 2:24, saying ‘the two will become one flesh’, not more than two.
Another important biblical teaching is the parallel of husband and wife with Christ and the Church in Eph. 5:22–33, which makes sense only with monogamy—Jesus will not have multiple brides.
The 10th Commandment ‘… You shall not covet your neighbor’s wife [singular] …’ (Exodus 20:17) also presupposes the ideal that there is only one wife. Polygamy is expressly forbidden for church elders (1 Tim. 3:2). And this is not just for elders, because Paul also wrote: ‘each man should have his own wife, and each woman her own husband.’ Paul goes on to explain marital duties in terms that make sense only with one husband to one wife.”
Daar is wel in die Bybel geldige en ongeldige redes wat egskeiding aan betref. Hoeveel van die egskeidings wat jy beskryf aan die geldige redes voldoen kan ek nie sê nie, maar as ons die twee gevalle(egskeiding teenoor homoseksuele verhoudings) vergelyk dan word daar in die Bybel in sekere gevalle toelating gemaak vir een, maar nie in n enkele geval vir die ander nie. Groete in Christus
Dr. Klaasing baie dankie vir ‘n uiters waardevolle skrywe. Dit dien as toerusting vir NG kerk gemeentes.
Anoniem, om jou vraag te probeer beantwoord haal ek die volgende aan van gotquestion.org:”Die Bybel leer dat God se aanvanklike bedoeling was dat een man met een vrou getroud moes wees, “Daarom sal ‘n man sy pa en ma verlaat en saam met sy vrou (nie vrouens nie) lewe en hulle sal een word (Gen 2:24). Terwyl Gen 2:24 beskryf wat die huwelik is of eerder hoeveel mense betrokke is, moet die deurlopende gebruik van die enkelvoud in ag geneem word. In Deut 17:14-20 sê God dat die konings nie veronderstel was om vroue te vermeerder (perde of goud) nie. Aangesien dit nie as ‘n opdrag geïnterpreteer kan word nie, moes die konings net een vrou hê, en dit kan verstaan word in die sin van, dat baie vroue probleme kan veroorsaak. Dit kan duidelik in die lewe van Salomo gesien word (1 Kon 11:3-4).
In die Nuwe Testament, 1 Tim 3:2,12 en Titus 1:6 word die “man van een vrou” genoem in ‘n lys van kwalifikasies vir geestelike leierskap. Daar word gedebatteer oor die betekenis van hierdie kwalifikasie. Die frase kan letterlik vertaal word as “’n een-vrou-man”. Of hierdie gedeelte uitsluitlik na poligamie verwys of nie, tog kan ‘n poligamis geensins as ‘n “een-vrou-man” beskou word nie. Terwyl hierdie kwalifikasies spesifiek vir die posisies van geestelike leierskap gebruik is, moet hulle net sowel ook vir alle Christene aangewend kan word. Behoort alle Christene nie “onberispelik (te) wees, getrou aan sy vrou, nugter, verstandig, beskaaf, gasvry en bekwaam om te onderrig; hy moenie aan drank verslaaf of ‘n rusiemaker wees nie, maar inskiklik, vredeliewend en nie geldgierig nie” (1 Tim 3:2-4)? Indien ons geroep is om heilig te wees (1 Pet 1:16) en as hierdie standaarde vir ouderlinge en diakens heilig is, dan is hulle vir almal heilig.
Ef 5:2-33 praat oor die verhouding tussen mans en vrouens. As daar na ‘n man (enkelvoud) verwys word, verwys dit ook na ‘n vrou (enkelvoud).”Die man is die hoof van die vrou (enkelvoud)…Wie sy vrou (enkelvoud) liefhet, het homself lief. Daarom sal ‘n man sy pa en ma verlaat en saam met sy vrou (enkelvoud) lewe en hulle twee sal een wees….Elkeen moet sy vrou (enkelvoud) lief hê soos hy homself liefhet en ‘n vrou (enkelvoud) moet aan haar man (enkelvoud) eerbied betoon.” ‘n Soortgelyke gedeelte, Kol 3:18-19, verwys na mans en vroue in die meervoud, maar dit is duidelik dat Paulus al die mans en vrouens tussen die gelowiges in Kolosse aanspreek en nie sê dat ‘n man meervuldige vrouens mag hê nie. Daarteenoor beskryf Ef 5:22-33 weer spesifiek die getroude verhouding. Indien poligamie toelaatbaar was, val die hele illustrasie van Christus se verhouding met Sy liggaam (die kerk) en die man-vrou- verhouding uitmekaar”