Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Fokus ons op Jesus?

Hierdie is 'n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.

Johan van Noordwes skryf: Die artikel van prof Marius Nel “God se insluitende liefde vat Jesus se bediening saam” onder die Kerkbode-vaandel “Verstaan die Bybel” van 28 Augustus 2020, het betrekking.

Ek stem volkome saam met die laaste sin van die prof se artikel: “… begrond in ’n diepgaande refleksie oor wat dit beteken om onderdanig aan Christus te wees”.

Gun my asseblief ’n oomblik om twee vrae/knelpunte te opper:

  1. Is die konteks van die kerk dieselfde nou as wat dit in die eerste jare na Jesus se dood was? Die eerste gemeentes het te doen gehad met Jesus se vervulling van die “wet en die profete” en die implikasies daarvan. Ons het 2 000 jaar se tradisie, geskiedenis en wysheid om op te steun.
  2. Kan ons eetgewoontes en seksualiteit oor dieselfde kam skeer? Na Jesus se kruisdood en opstanding word dit duidelik dat ons nie meer onder die seremoniële wette staan nie, maar dat die morele wette nog op Christene van toepassing is. Op agt plekke in die Nuwe Testament (Mark 7:21-22; Rom 1:24-31; 13:13; 1 Kor 6:9-10; Gal 5:19-21; Kol 3:5-9; 1 Tim 1:9-10; Op 21:8) word daar verwys na optredes wat ’n navolger van Christus nie betaam nie, en “porneia” (enige seksuele verhouding buite die huwelik van een man en een vrou) kom elke keer voor.

Die oproep tot eenheid voel vir my na niks anders as ’n poging om behoudende Christene te laat erken dat seksuele sonde nie “so erg is as wat ons dit maak nie”, en die plasing van die artikel onder die Kerkbode-vaandel van “Verstaan die Bybel” spreek self boekdele. Ek sal graag wil weet of ons so insluitend behoort te wees vir enige van die ander sondes wat in die agt lyste voorkom.

Groete in Christus

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top