Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Pres Ramaphosa tydens die uitsending van sy toespraak aan die nasie op 11 Januarie 2021.

KYK: Ramaphosa oor begrafnisse se dodelike gevaar

In sy jongste boodskap aan Suid-Afrikaners het pres. Cyril Ramaphosa Maandagaand (11 Januarie) onder meer begrafnisse uitgesonder as “superspreader”-geleenthede. 

 

Ramaphosa het gesê vele Covid-verwante sterfgevalle is weens infeksies wat by hierdie geleenthede opgedoen word. “Funerals have become a death trap for many of our people,” het hy gesê in ’n toespraak waarin hy ook klem gelê het op die regering se nuwe enstofstrategie. 

Die rol van geloofsleiers is benadruk in die toespraak – ook in die bekamping van gendergebaseerde geweld wat Ramaphosa as Suid-Afrika se “tweede pandemie” beskryf het. 

Oor entstof vir die koronavirus het Ramaphosa gesê daar is baie misinformasie en samesweringsteorieë wat versprei word. Hy het ’n beroep op alle Suid-Afrikaners gedoen om deel te neem aan die “monumentale onderneming” om die regering se entstofveldtog suksesvol uit te rol. 

Sowat 33 163 Suid-Afrikaners het reeds aan Covid-19 gesterf, volgens die jongste data op https://sacoronavirus.co.za/.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top