Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Juffrou Irma Julies, die departementshoof van die grondslagfase, hou al 31 jaar skool by Soetendal. Hier verwelkom sy die leerders. Foto: Robert Cable

Kinderkerskousprojek help leerders toerus vir skooljaar

Die graad 1- en graad 2-leerders van Soetendal Primêre Skool buite Wellington se maskers kon nie eens hulle breë glimlagte op 17 Februarie wegsteek nie.

Bybel-Media en die SA Voedingsprojek het hande gevat om te sorg dat dié leerders, wat van omringende plase afkomstig is, met skryfbehoeftes en boeke vir 2021 gewapen is.

Om te gee is lekkerder as om te ontvang, lui die spreekwoord. Conette le Roux, joernalis en webredakteur van Bybel-Media, help met die oorhandiging van die skryfbehoeftes en boeke. Foto: Robert Cable

“Bybel-Media het ’n groot hart vir kinders. Ons het gehoor dat die jongste leerders van Soetendal boeke en skryfbehoeftes benodig. Daarom het ons 100 bederfpakkies met Bybelse aktiwiteitsboekies en ook ’n groot klomp skryfbehoeftes gegee,” het Amanda van der Westhuizen, Bybel-Media se bemarker gesê.

Dié skenking vorm deel van Bybel-Media se Kinderkerskousprojek wat veral op die geestelike ondersteuning van kinders fokus.

’n Graad 1-leerder ontvang ietsie soet saam met haar skryfbehoeftes en boeke. Foto: Robert Cable

Ada Joubert, stigter van die nieregeringsorganisasie (NRO) SA Voedingsprojek, skenk gereeld kos en benodigdhede vir dié skool, wat reeds die afgelope 61 jaar vir die skoling van die laerskoolleerders van die omgewing verantwoordelik is. Die SA Voedingsprojek het vir elke leerder ook ’n sakkie met skryfbehoeftes sowel as ’n kospakkie gegee.

Die graad 1- en graad 2-leerders van Soetendal Primêre Skool buite Wellington sit gretig en wag op hulle geskenkpakke. Foto: Robert Cable

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top