Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke (SARK) gaan namens kerkleiers in Suid-Afrika aansoek doen om as werkers in die voorste linie geklassifiseer te word om die Covid-19-entstof te ontvang. NG predikante het tot Vrydag om hulle aansoeke by die kantoor van die algemene sekretaris van die NG Kerk in te dien. Foto: Pexels

NG predikante kan ook aansoek doen om entstof te ontvang

NG predikante kan ook aansoek doen om as werkers in die voorste linie geklassifiseer te word om die Covid-19-entstof te ontvang.

Dít kom na ’n versoek van die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke (SARK) om predikante, priesters en pastore die geleentheid te gee om, met die gebruik van hulle eie diskresie, hulle besonderhede aan die SARK deur te gee indien hulle oortuig is dat die aard van hulle bediening sodanig is dat die intenting nie net vir hulleself beskerm nie, maar ook vir die mense wat hulle bedien, volgens ’n brief van dr Gustav Claassen, algemene sekretaris van die NG Kerk aan alle NG predikante.

LUISTER: Covid-19-verliese inspireer Ruan Josh tot roerende lied

Claassen maak ook melding van nuusberigte in die media wat aanvoer dat predikante onregverdig bevoordeel word en die geleentheid misbruik om aansoek vir ’n entstof te doen. Rapport het twee weke gelede berig dat “Politici, premiers en predikante wou indruk in die entstof-ry”, maar dat die Medisynebeheerraad ingegryp het. Dié verwarring het ontstaan weens ’n verklaring wat deur president Cyril Ramaphosa uitgereik is dat “premiers, LUR’e en leiers uit die burgerlike samelewing, geloofsorganisasies en tradisionele leiers” in die openbaar ingeënt sal word, het Rapport berig.

NG predikante het tot en met Vrydag 5 Maart om 10:00 om hulle aansoeke vir Sophia de Kock, persoonlike assistent van die algemene sekretaris by sophiadk@ngkerk.org.za te stuur.


Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top