Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NAMAKWALANDSE KUSGEMEENTES

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Vakature: Predikant (tweejaartermynpos)

Sluitingsdatum: 12 Desember 2021


Die drie kusgemeentes van Namakwaland, Alexanderbaai, Port Nolloth en Grootmist, het ter wille van ’n effektiewe evangeliebediening ’n kombinasie-ooreenkoms met mekaar aangegaan. Hierdie drie gemeentes glo dat hulle gesamentlike missionale bediening ’n groter impak sal hê in hierdie mees Noordwestelike hoek van die land.

 

Namakwalandse Kusgemeentes

Wie is ons?

Die drie Namakwalandse kusgemeentes is gehoorsaam aan die roeping van die Here om volledig kerk te wees in hierdie afgeleë deel van die land. Ons is oortuig dat die Here ons seën met middele en mense om sy koninkryk hier te bou tot voordeel van alle mense in hierdie streek. Ons volg vir Jesus Christus en laat Hom toe om ons te vorm tot diens aan Hom, mekaar en almal in die omgewing. Ons wil die evangelie deel met alle mense wat ons pad kruis.

Ons ligging is geografies oor ’n uitgestrekte gebied, terwyl ons diversiteit uniek is. Dit stel groot uitdagings aan kerkwees in ons konteks. Daarom beskou ons ons eredienste as die sentrale gebeurtenisse van waaruit God ons bemoedig, opbou, toerus, en inspireer vir ons reis met Hom en die gemeenskap. Ons verwagting is dat al drie gemeentes elke week bedien sal word.

 

Leraarsprofiel

Om dit te laat geskied, oordeel ons dat ’n gelegitimeerde predikant wat oor so veel as moontlik van die volgende bewese vaardighede beskik, ons behulpsaam kan wees om hierdie roeping volhoubaar te leef:

  • liefde vir prediking en pastoraat,
  • bewese ervaring van gemeenskapsontwikkeling,
  • kennis van missionale ekklesiologie,
  • waardering en begrip vir plattelandse mense,
  • vaardighede om mense toe te rus en te bemagtig vir dienslewering,
  • geestelike “coaching” en mentorskap van kandidate in die verskillende bedieningsbane,
  • ontwikkeling en bemagtiging van leierskap,
  • ervaring in die transformasie van gemeentekultuur,
  • alle pligte soos omvat in Artikel 9.

 

Ons is verder van mening dat ’n predikant wat met meer as 20 jaar bedieningservaring, nie kinders op skool het nie en bereid is om gereeld oor medium en lang afstande te reis, waarskynlik gemaklik sal wees met die uitdagings wat die pos bied.

Belangstellendes wat geroepe voel om in die avontuurlike uitdagings van hierdie besondere konteks te bedien, is welkom om aansoek te doen vir hierdie tweejaartermynpos.

 

Aansoekprosedure

Rig alle CV’s aan ds Sarize Retief by sarize1@hotmail.com

 

Kontak gerus ons verteenwoordigers by elke gemeente vir meer inligting:

Ds Sarize Retief (konsulent): 083 791 0724

Andre Bester (Port Nolloth): 083 269 5433 (slegs na-ure)

Jenny Mostert (Grootmist (Kleinzee):  083 708 8947

Dana/Carla (Alexanderbaai): 076 089 7585 of 082 469 6400

 

Aansoek sluit op 12 Desember 2021 om 24:00

Diensaanvaarding vanaf 1 Maart 2022, maar kan ook onderhandel word.

 

Alle aansoek moet asseblief vergesel word met die volgende:

  • Volledige CV van nie meer as drie bladsye nie.
  • Drie referente.

Vergoeding

’n Traktement en byvoordele volgens die riglyne van die Algemene Sinode sal onderhandel word.

Die kerkrade behou die voorreg om nie ’n aanstelling uit die aansoeke te maak nie.

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top