Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG GEMEENTE BUFFELJAGSRIVIER

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

VAKATURE: VOLTYDSE LERAAR

Sluitingsdatum: 20 Januarie 2022


Buffeljagsrivier is ’n landelike gemeente, geleë net buite Swellendam. Die gemeente is 64 jaar oud en het ongeveer 250 lidmate. Die hoof-ekonomiese aktiwiteit in die bedieningsarea is boerdery en dit sluit dus verskeie plaasbesoekpunte sowel as lidmate in die nabye woongebiede in.

Ons gemeente wil ’n tuiste wees waar God se liefde tasbaar is en sodoende elkeen toerus en uitstuur. Ons gemeente bestaan uit alle ouderdomsgroepe.

Ons as NG Kerk Buffeljagsrivier kan nie wag om aansoeke van passievolle leraars te ontvang nie. Die geskikte kandidaat moet ’n voorliefde vir mense op alle ouderdomsvlakke hê en aan die volgende vereistes voldoen:

Leraarsprofiel

  • Moet pligte van Artikel 9, soos uiteengesit in die Kerkorde, nakom.
  • Moet betrokke wees in die gemeenskap en die gemeente lei en dien.
  • Die gemeente se behoefte is ’n leraar wat passievol en Skrifgetrou onderrig en leer.
  • Goeie menseverhoudinge, aanpasbaarheid, toeganklikheid en pastorale versorging is vir ons baie belangrik.
  • Ten minste vyf jaar ondervinding wat enkelpredikant gemeentewerk insluit.

Vergoeding

Ons bied vergoeding volgens sinodale skaal vir predikante aan en die vergoeding sluit ruim pastoriebehuising op kerkperseel in.

Indien jy geroepe voel om vir hierdie opwindende pos aansoek te doen, stuur asseblief jou volledige CV met persoonlike besonderhede sowel as kontakbesonderhede van drie referente aan: skriba.ngkbuffeljagsrivier@gmail.com

Kandidate wat die kortlys haal, moet waar moontlik, saam met hulle gades vir onderhoude en preekbeurte beskikbaar wees. Die kerkraad behou die reg voor om nie noodwendig ’n aanstelling te maak nie.

Diensaanvaarding: 15 April 2022 (ongeveer).

Navrae: Frans Hugo, 082 854 9468.

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top