Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG KERK BETHULIE (DOLEREND)

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Vakature: Vastetermyn leraarspos (3 Jaar)

Sluitingsdatum: 7 JANUARIE 2022


GEMEENTEPROFIEL:

Die NG Gemeente Bethulie is ’n plattelandse gemeente, geleë in die Suid-Vrystaat, ongeveer 180 km vanaf Bloemfontein. ’n Mens draai by die Springfontein-Suid aanwysing van die N1 af en ry in ’n oostelike rigting waar die R715 roete (teerpad) jou neem tot op Bethulie.

Die gemeente is in 1862 gestig en bestaan reeds deur die genade van die Here vir die afgelope 159 jaar. Die gemeente se samestelling is multikultureel en word by twee punte bedien, naamlik by die kerk in die middedorp en die kerksaal in Cloetespark. Eredienste word by beide bedieningspunte op Sondae gehou. Die gemeente bestaan tans uit ongeveer 219 belydende en 30 dooplidmate in die dorp en 189 belydende en 102 dooplidmate by Cloetespark. Baie van die lidmate is bejaard en sommige hulpbehoewend.

Die gemeente is verdeel in agt dorpswyke en vier plaaswyke. Cloetespark het drie wyke en een buitewyk (die plase). Op die dorp is ’n aftree-oord waarby die gemeente betrokke is.

Die NG Gemeente Bethulie is ’n dolerende gemeente sedert Oktober 2020. Die gemeente verwerp die Algemene Sinode se besluite van 2019 oor selfdegeslagverhoudinge en treur daaroor dat die sinode liberale teologiese sieninge onderskryf wat nie die toets van die gereformeerde belydenis deurstaan nie.

Die gemeente bely dat die Bybel die onfeilbare Woord van God is wat deur die Heilige Gees geïnspireer is en ons roep tot Skrifgetroue en gehoorsame navolging van Christus.

 

LERAARSPROFIEL EN AMPSPLIGTE:

Die volgende is vir die kerkraad baie belangrik:

  • Van die aansoeker word verwag om in ’n toegewyde verhouding met die Here te leef en gehoorsaam te wees aan die NG Kerk se legitimasie-eed wat hy/sy as voorvereiste vir bediening in die NG Kerk afgelê het. Daar word van hom/haar verwag om daarvolgens die roeping van die Here om as leraar diensbaar te wees, in die gemeente uit te leef.
  • Van die aansoeker word Skrifgetroue Woordverkondiging en -standpunte verwag van uit ’n gereformeerde hermeneutiek, veral ten opsigte van sake soos die bestaan van die duiwel, die maagdelike geboorte, opstanding, hemelvaart en wederkoms van Jesus Christus en dat Hy die enigste Verlosser van die wêreld is. Daarmee saam word van die aansoeker verwag om die heiligheid en uniekheid van die huwelik as lewenslange verbintenis tussen een man en een vrou te bely en te verkondig as die enigste instelling van God wat nie gedupliseer kan word nie, dat seksualiteit binne die huwelik hoort en dat seksualiteit nie ’n keuse is nie, maar ’n Godgegewe biologiese gawe. Hy/sy moet ook al die dwaalleringe van die Algemene Sinode met betrekking tot die voorafgaande onderwerpe verwerp.

Entoesiasme en oortuiging in die bediening van die Woord word as belangrik geag om geestelike groei te bevorder.

  • Iemand vir wie die hou van wyksbyeenkomste, huisbesoek op versoek en pastorale besoeke op aanvraag belangrik is.
  • Iemand wat lief is vir jeugbediening en aanklank vind by die jeug.
  • Iemand wat lief is vir lofprysing waar gebruik gemaak word van die orrel en alternatiewe begeleiding.
  • Die aansoeker moet ’n aanvoeling hê vir die plattelandse bediening in die Vrystaat en meelewend wees in die wyer gemeenskap.
  • Iemand wat begrip het vir die uitdagings wat die landbou hedendaags beleef en die invloed daarvan op lidmate en die totale gemeenskap.
  • Die aansoeker moet ook kennis neem dat Bethulie gemeente ’n dolerende gemeente is met al die implikasies daarvan.

 

VERGOEDING:

Pakket onderhandelbaar, wat ’n ruim pastorie, wat beskikbaar is vir inwoning, insluit.

 

AANSOEKE:

Aansoeke moet vergesel word van ’n CV wat nie langer as drie bladsye is nie, met kontakbesonderhede van ten minste twee verwysings sowel as ’n stem/video-opname van twee preke. Aansoekers, gekortlys vir moontlike aanstelling, mag ook versoek word om in persoon ’n diens in die kerkgebou, sowel as in die kerksaal in Cloetespark waar te neem.

Rig aansoeke aan:

Die Voorsitter: NG Gemeente, Bethulie

E-pos: junior@zipplink.co.za

Sel: 082 789 6223

NAVRAE:

  • Huidige leraar: Kobus Dippenaar 082 922 7660
  • Voorsitter kerkraad: Junior Jacobs 082 789 6223
  • Skriba: Ohna Beukes 082 410 1932

 

Die kerkraad behou hom die reg voor om geen aanstelling te maak nie.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top