Kyk: ‘Mag Kersfees 2021 ’n tyd van inspirasie wees’ – Nelis

In sy spesiale Adventboodskap vanjaar gesels ds Nelis Janse van Rensburg oor die uitdagings van 2021 maar ook oor die inspirasie en hoop wat die Kersboodskap inhou.

Daar is baie rede om te sê hierdie was ’n moeilike jaar, sê die moderator van die Algemene Sinode in ’n kort videoboodskap (4 minute, 53 sekondes) wat Donderdag 9 Desember op YouTube vrygestel is. Hy gesels oor die verlies, hartseer en teleurstellings wat hierdie jaar vir soveel mense ingehou het, maar sluit dan af met die vreugde en hoop wat die Kersverhaal inhou. “In Kersfees vier ons die werklikheid van Christus se heerskappy tans aan die regterhand van God … Kersfees is ’n tyd gelaai met geloofsinhoud. Daarom is my wens, my gebed vir jou as medegelowige … dat hierdie Kersfees opnuut ’n begin sal wees. ’n Nuwe reis sal inlei in die nuwejaar waarin jy en jou mense geïnspireer sal lewe uit die werklikheid van Christus se eerste koms maar ook sy wederkoms.”