Wees versigtig vir valse uitgangspunte

Hierdie is 'n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.

Henrietta Klaasing van Randfontein skryf:

Die artikel “Die geskenk van kairos” (Kerkbode, 26/11/2021) het betrekking.

“Godspartydigheid lê aan die hart van die ryk geskiedenis en ryk tradisie van kairos-teologieë,” skryf dr Nadia Marais. Sy gee voorbeelde van groepe en persone wat hulle beroep op hulle siening van die partydigheid van God. In die loop van hierdie artikel is dit duidelik dat sy haar by hierdie denke skaar, naamlik dat God aan die kant staan van die armes en veronregtes.

’n Argument vanaf valse uitgangspunte of onware stellings is ’n redenasie wat tot verkeerde resultate kan lei. Aangesien die aanname nie korrek is nie, kan die gevolgtrekking wat gemaak word, dus ook verkeerd wees.

In 2 Kronieke 19:7 lees ons: “By die Here ons God is daar nie onreg en bevoordeling en korrupsie nie”. In Efesiërs 6:9 staan daar: “Hy trek niemand voor nie,” en presies dieselfde staan in Romeine 2:11. In Handelinge 10:34 staan geskryf dat God nie onderskeid maak nie – volgens sy Woord (en sy Woord is die Waarheid) is God dus nie partydig nie.

’n Gevolgtrekking wat gemaak word dat God partydig aan die kant van die armes en veronregtes is, is dus verkeerd.

Word 'n vriend van Kerkbode

One thought on “Wees versigtig vir valse uitgangspunte

  1. Philip Coetzee says:

    Dit is ñ baie belangrikke stelling dat God nie ñ God van partydigheid is wat hom slegs skaar by minderbevoorregdes nie. Hoekom sal hy dan mense seën met materialistiese rykdom, bv. Lot en ander, om hulle dan net weer te verwerp en hom by die armes skaar? Dit maak mos nie sin nie, kan ñ blinde ñ ander blinde lei, kan ñ arm mens werk verskaf aan ander met vergoeding? Dit is hartseer as liberale denke ñ mens se eksegetiese vermoë so beïnvloed dat die waarheid verander in ñ humanistiese “kersboom”, ñ goedkoop geskenk vir almal.

Comments are closed.