Op welke wyses ondersteun kerke self strukture wat bydra tot gender-ongelykheid? En hoe lyk die uitsluiting en ongeregtigheid wat mense wat met gestremdhede leef in die gesig staar?
Hierdie is twee kwessies wat aangeroer is tydens een van die perskonferensie-styl gesprekke wat vandeesweek as deel van die Wêreldraad van Kerke (WRK) se Algemene Vergadering in Duitsland aangebied is.
Eerw. Dr Gordon Cowans, ’n streekskoördineerder van die WRK se ekumeniese bewusmakingsnetwerk rondom gestremdheid, het verwys na die ongeregtigheid van uitsluiting wat ook binne die kerk heers. “The disability community within the church and around the world isn’t asking for charity and sympathy,” aldus Cowans. “We need to remind ourselves in the church that the God of love is also the God of justice.”
