Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Kinderboeke: Sommer vir die pret

Vetplant feetjies deur Fiona Moodie, Antjie Krog en Ingrid de Kok
Uitgewer: Umuzi, 2022
Resensent: Rethie van Niekerk

As jou oog al Kersboom se kant toe staan, is Vetplant feetjies ’n heerlike geskenk vir oud en jonk. Die span gerekende skrywers en kunstenaar lewer ’n toon-krul lekker verseboek wat plaaslike vetplante behoorlik laat lewe. Langs verruklike illustrasies is verse wat jou tong laat knoop en spring, terwyl jy speel-speel ’n indrukwekkende kennis van vetplante opdoen.

Beskikbaar by loot.

Die bok wat sy spring verloor het deur Marleen Lammers, illustrasies deur Gwendolene van der Merwe; Uitgewer: LAPA, 2022
Daar is min lekkertes so lekker soos wanneer ’n kinderboek op my lessenaar land! Die bok wat sy spring verloor het vra wat ’n springbok is wat sy spring verloor het? Net … ’n bok? Saam met vriend Apie maak die springbokkie allerhande planne – dikwels eerder in die eenvoudige illustrasies as in woorde uitgebeeld. Hierdie is ’n prettige storie wat kinders se verbeelding sal aangryp en sekerlik vir ’n skaterlag of twee sal sorg. Beskikbaar by LAPA.

 

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top