Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

TEKEN IN: Bestel nou die gedrukte Kerkbode vir Maart 2023 tot Februarie 2024 

Geagte leser,

Ons is dankbaar vir die ondersteuning van elke Kerkbode-leser.

En hoewel ons baie trots is op die groeiende aantal digitale lesers by www.kerkbode.co.za, is die intekenfooi op die gedrukte weergawe van Kerkbode steeds van groot belang vir ons finansiële volhoubaarheid.

Elke subskripsie op die gedrukte Kerkbode vir 2023 …

  • Stel ons redaksie in staat om stories van mense op ’n geloofspad te vertel.
  • Onderhou kerkjoernalistiek, wat die welstand van die NG Kerk se kommunikasie-ekosisteem verseker.

Papierkoerant voorts ‘n maandblad 

Ons herposisioneer die gedrukte Kerkbode in die nuwe boekjaar as ’n maandblad. Ons hou die formaat en aantal blaaie dieselfde. Deur die verskyningsritme aan te pas van 16 na 12 uitgawes per jaar kan ons steeds die diens van ’n pakkende gedrukte publikasie aan lesers lewer.

Ons weet dat vele lesers van die gedrukte Kerkbode ook ons stories aanlyn lees, op ons webblad of via die Kerkbode-toepassing. Kerkbode is inderdaad in die eerste plek ’n digitale publikasie, wat weekliks, dikwels daagliks, inhoud publiseer en modereer. Ons beskou die papierkoerant as aanvulling tot ons digitale nuusdekking.

Wat kry lesers in die gedrukte koerant (sien jongste uitgawe onderaan hierdie berig as voorbeeld)?

  • ’n Maandelikse oorsig van die belangrikste kerknuus
  • Die jongste Vakatures en Amptelike Nuus
  • Gewilde rubriekskrywers en uiteenlopende briefskrywers
  • Teologiese denkleiers, profiele, lekkerlees-stories en boekresensies 

 

Ek wil inteken. Hoe gemaak?

Opsie 1: 

Volg hierdie skakel – https://kerkbode.christians.co.za/BESTEL/en kies hoeveel Kerkbodes jou gemeente wil bestel. Die aanlyn sakrekenaar bereken die bedrag wat dit per uitgawe sal kos en jy sal ’n faktuur per e-pos ontvang. 

Opsie 2: 

Laai die Kerkbode-bestelvorm HIER af. Jy kan dit digitaal invul en aan Viona Ross, Kerkbode se intekenaarbestuurder, stuur. Kontak haar by:

E-pos: viona@tydskrifte.co.za
WhatsApp: 064 874 0636 
Tel: 021 864 8278


11Nov
No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top