Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Kyk: Video van Andrew Murray-prysfonds se prysepartytjie

’n Program oor die prysoorhandigingsfunksie van die Andrew Murray-prysfonds vroeër vanjaar op Wellington, is Sondag 4 Desember op kykNET uitgesaai. Die uitsending was om 10:30 (Kanaal 144) en om 12:00 (Kanaal 146).

Die Andrew Murrayprys is vanjaar gewen deur Louis Jonker, Jan Botha en Ernst Conradie vir hulle boek, Die Bybel in fokus, die Andrew Murray-Desmond Tutuprys deur Andries van Aarde vir sy werk oor Jesus, Paulus en Matteus, en die Desmond Tutu-Gerrit Brandprys vir debuutwerk deur Roelof Botha vir sy boek Jesus-leierskap, luidens ’n verklaring deur dr Frits Gaum, voorsitter: Andrew Murray-prysfonds.

Drie toekennings is ook gemaak: vir Christelike musiek – aan Piet Smit – vir omgewingsbewaring en -geregtigheid – aan Susan Rakoczy – en vir eenheid, versoening en geregtigheid – aan Laurie Gaum.

  • Die videoskakel is later bygevoeg.
No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top