Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Kyk: Eenheid is gawe en opdrag – Leiers van VGKSA en NG Kerk bring saam Kersboodskap

Deur gesamentlik ’n Kersboodskap te doen, wil hulle ’n baie duidelike boodskap uitstuur dat die VGKSA en die NG Kerk saam op reis is.

“Die geskiedenis lê vol van teleurstellings en wegloop van mekaar maar daar is net iets wat ons dryf en ons weet dit is die Woord van die Here en dit is ons belydenis … wat vir ons sê ons eenheid is ’n gawe, maar dit is ook ’n opdrag om uit te voer.” Só sê dr Llewellyn MacMaster, moderator van die VGKSA Streeksinode Kaapland tydens ’n gesamentlike videoboodskap saam met ds Nelis Janse van Rensburg, voorsitter van die moderamen van die NG Kerk in SA Sinode van Wes-Kaapland.

In die video van sowat vier minute deel die leierskap hulle hoop dat hierdie boodskap gemeentes mag inspireer op hierdie saamreis en saambeweeg. “Dit is goed om saam te reis veral in die tyd waarin ons nou is,” meen Van Rensburg.

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top