Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Vader Fadi Azar, 'n kerkleier in Latakia, 'n stad in die weste van Sirië, sê die gevolge van die ramp is verwoestend. Bron: Geopende Deure

Elders gesien: Bid en help só vir Sirië na reuse-aardbewing

Minstens 2 300 mense is dood en meer as 5 000 gewond na ‘n groot aardbewing Sirië en Turkye getref het op Maandagoggend 6 Februarie, berig die sendingorganisasie Geopende Deure in ’n onlangse nuusbrief. 

Geboue en gemeenskappe is in puin gelaat. Baie kan nie na hul huise terugkeer nie. Die deel van Sirië wat deur die aardbewing getref is, is ook die tuiste van verskeie Christelike gemeenskappe wat al baie vervolging verduur het. 

Vader Fadi Azar, ‘n kerkleier in Latakia, ‘n stad in die weste van Sirië, sê die gevolge van die ramp is verwoestend. “In ons kerk, dank die Here, het niemand seergekry nie, maar in ander geboue in ons stad is daar dooie mense. Daar is baie slagoffers. Bid vir Sirië, vir diegene wat onder die aardbewing ly,” vra hy.

Geopende Deure het ’n netwerk van Sentrums van Hoop wat gelowiges in Sirie help. Lees meer by hierdie skakel.


  • Bron: https://bit.ly/3x9sFZz 
  • Het jy nuus? Kontak ons gerus per Whatsapp by 072 149 1969 of e-pos: kerkbode@tydskrifte.co.za.
  • Hierdie artikel is ’n mediavrystellings of storie wat aan Kerkbode gestuur is. Dit is geredigeer vir lengte, maar basies gepubliseer soos dit ontvang is. 

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top