Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2025

‘Elders gelees’: Kerkbode se ‘vinnige baan’ vir inligting op die web


By Kerkbode soek ons voortdurend na maniere om ons nuusdiens uit te brei en te verbeter. Een so eksperiment kyk na die ontginning van die vele stories wat ons nuuskantoor via nuusbriewe, persverklarings asook sosiale media bereik en spesifiek oor die spoed van publikasie van sulke inhoud. ’n Mens kan sê dis ’n “teksperiment”, want dit het ook hier en daar ’n impak op ons teks – die skryfstyl en selfs tot ’n mate die taalversorging van skrywes wat op hierdie wyse uitgelig word: Die plan is die skep van ’n soort “vinnige baan” vir sommige stories op ons webwerf. Lesers sal diesulke stories herken aan die opskrif wat lui “Elders gelees …”

Onderaan elk van daardie stories, is hierdie drie kolle: 

  • Bron: (Hiperskakel na oorspronklike teks)
  • Het jy nuus? Kontak ons gerus per Whatsapp by 072 149 1969 of e-pos: kerkbode@tydskrifte.co.za.
  • Hierdie artikel is ’n mediavrystellings of storie wat aan Kerkbode gestuur is. Dit is geredigeer vir lengte, maar basies gepubliseer soos dit ontvang is. 

Ons hoop ons behaal met hierdie benadering tot sommige stories, twee doelwitte: Om ander storievertellers en kommunikasie-kollegas in die kerkomgewing se desibels ook bietjie op te draai. En om die leeservaring op www.kerkbode.co.za verder te verryk en diversifiseer in ’n digitale omgewing wat spoed en frekwensie van vars inhoud beloon op ’n wyse wat klein redaksies onder geweldige druk plaas. 

 

Hier is so bietjie redaksionele agtergrond van ons perspektief

Een van die geleenthede wat ’n sterk aanlyn teenwoordigheid vir ’n nuusdiens soos Kerkbode bied, is dat die papierformaat en digitale formaat mekaar kan aanvul eerder as om met mekaar mee te ding. 

’n Eenvoudige voorbeeld is om in die digitale ruimte op snel bewegende nuus te fokus en in die medium wat dae vat om vervoer te word en gemeentes te bereik … wel, daarmee vertel ’n mens veral langer stories waar jy konteks kan help “bou” deur middel van uitleg en bykomende stories wat jou berig toelig.  

Nagel_spread PRINT_Spreads_Voorbeeld

’n Tweede voorbeeld is om te speel na die sterkpunte van elke formaat: By Jaco Strydom se gewilde rubriek (sien hieronder ’n bladproef uit die Februarie 2023-uitgawe) dra ons, byvoorbeeld, elke slag ook ’n podsending van daardie week se gesprek sodat lesers hulself in daardie gesprek kan verdiep op ’n medium-eie manier. 

’n Derde manier is iets soos dit wat ons hierbo bespreek het, wat ook “aggregation” genoem word. “Elders gelees …” Die bou van ’n soort venster wat wys watter stories ons op die Web raaksien en watter nuus ons ontvang.

Die hoop is om ons aanbod te vergroot deur nuusbronne wat ons vertrou – dink veral streeksinodes in die NG Kerk se nuusbriewe aan lidmate – fyn dop te hou en as’t ware via ons platform ’n megafoon te gee en te sê: “Hier, praat met ons lesers.” 

Vriende van Kerkbode

Ons benodig jou ondersteuning om ons digitale reikwydte te vergroot deur woord, video en die Kerkbode-podsending…

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Kopiereg © Kerkbode 2025

Scroll to Top