Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Elders gesien | NG Kerk Vrystaat bespreek bande met Algemene Sinode op Buitengewone Sinodesitting

Die NG Kerk Vrystaat beplan ‘n Buitengewone Sinodesitting vir 18 April 2023 om te besluit oor hul moontlike losmaking van die Algemene Sinode, berig Vrypos Uitgawe 3 van 24 Februarie 2023.

Dr Leon M Foot skryf: Tydens die vorige sinodesitting in Maart 2022 was daar ‘n hele aantal beskrywingspunte wat onder andere gevra het dat die Sinode van die Vrystaat op grond van Kerkorde Artikel 37 haar bande met die Algemene Sinode moet verbreek.

Hierdie versoeke is hoofsaaklik gebaseer op die besluite oor selfdegeslagverbintenisse, maar ook sekere ander sake soos teologiese opleiding, ensovoorts.

LEES OOK: NG Kerk Vrystaat: Oor opleiding vir dominees, beelde van God en ’n moontlike ‘uittog’

Die Sinode het besluit om ‘n aantal studiegroepe aan te wys om die Moderamen te dien met inligting en voorstelle. Die studiegroepe het gefokus op Skrifgesag, Kerkverband en ons Belydenisgrondslag. Die verslae van die studiegroepe is indringend bespreek tydens die streeksbyeenkomste wat in Kroonstad, Bloemfontein en Bethlehem gehou is.

Na aanleiding van hierdie verslae het die Moderamen besluit om wel ‘n Buitengewone Sinodesitting te hou op 18 April 2023 om te besluit oor ons moontlike losmaking van die Algemene Sinode.

Die sitting sal slegs een dag duur en wel van 9vm tot 4nm.

Die vergadering sal DV gehou word by die Summerwood Country Estate. Die afgevaardigdes na hierdie sitting is dieselfde as wat die vergadering in Maart 2022 bygewoon het.

Daarom is ‘n nuwe geloofsbrief in die meeste gevalle nie nodig nie. Waar die situasie in die gemeente wesenlik verander het, moet nuwe geloofsbriewe ingegee word.

Dit sou in gevalle wees waar die afgevaardigdes oorlede is, of waar die leraar weg is uit ‘n gemeente, of die gemeente ‘n nuwe leraar gekry het en so meer. In sulke gevalle moet ‘n nuwe geloofsbrief so gou moontlik ingedien word.

Aangesien die buitengewone sitting belê word vir ‘n spesifieke saak, word geen ander sake daardie dag hanteer nie. Die volledige Agenda met alle relevante dokumentasie sal waar-skynlik in die tweede week van Maart aan gemeentes gestuur word. Dit kan ook aan lidmate beskikbaar gestel word. Verdere inligting oor die kostes vir die vergadering sal later aan gemeentes deurgegee word.

Kom ons bid hier in lydenstyd vir ons Sinodesitting. Dit is nie ‘n geringe saak op die tafel nie, en dis ook nie net ‘n praktiese besluit nie. Artikel 37 bepaal dat ‘n sinode uit die algemene sinodale verband [kan] tree wanneer hulle so ‘n stap voor God in die lig van sy Woord kan regverdig.

 

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top