Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

‘Ek gaan nie Nelis se skoene by hom leen’ – nuwe moderator

Fokus, vryheid en vreugde (fun), was die drie punte wat ds Marinus Theron (middel in die foto hierbo) die oggend na sy verkiesing tot moderator van die Sinode van Wes-Kaapland uitgelig het in ’n paar afskopopmerkings op die tweede dag van die weeklange sitting.

Laasgenoemde verwys daarna om “nie jouself té ernstig op te neem nie”, het Theron gesê. Hoewel die leraar van Stellenbosch-Wes eer betoon het aan die uittredende lede van die moderamen, en by name ds Nelis Janse van Rensburg, wat twee termyne as voorsitter gedien het, het Theron gesê vryheid gaan daaroor om jou eie pad te stap. “Ek gaan nie Nelis se skoene by hom leen nie,” het Theron gesê.

“Vir ons as leiers is die belangrikste om regtig naby die Here te leef. Dit is ’n enorme voorreg en ek glo julle gaan (my) help,” het Theron aan die saal vol afgevaardigdes gesê tydens ’n sessie wat gevolg is deur ’n boekbesprekingsessie met die skrywers van die boek Ons wil Jesus sien, dr Coenie Burger en prof Marius Nel. 

KOOP AANLYN: Ons wil Jesus sien

Burger, self ’n voormalige moderator van die Wes-Kaap en Algemene Sinode, het Theron gelukgewens en geskerts dat iemand destyds met sy verkiesing al gesê het in Suid-Afrika is dit net die president en die Springbokafrigter wat ’n moeiliker werk het.

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top