Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Kyk: Elders gesien: | ‘Liezel, ons sal jou nooit vergeet nie’ – familie onthou wyle ds Liezel de Jager

Ons is lief vir jou maar ons vier jou verjaarsdag al is jy in die hemel …’

Só vertel Henk van Zyl, pa van die vermoorde NG leraar, ds Liezel de Jager, in ’n roerende video wat Action Society uitgereik het op die dag wat haar 40ste verjaardag sou wees, Sondag 23 Julie 2023.

Na wat berig word het Action Society en haar familie die video gemaak omdat die familie nog geen antwoorde het oor wat gebeur het op die oggend van Woensdag 13 Oktober 2021 nie – die oggend waarop die leraar van NG Gemeente Suidkus vermoor gekry is in die oprit van die pastorie nie. De Jager het pas teruggekeer van ’n drafsessie saam met vriende. Haar man Werner het op haar lyk afgekom.

Lees ook: Dominee (38) ‘weggeruk in fleur van haar lewe’

Dit was Sondag 655 dae sedert sy dood is. Haar dood is by die polisie aangemeld.

Die video van 2 minute 30 sekondes was teen Vrydag 28 Julie 2023 reeds 2 500 keer op die YouTube-kanaal gekyk.

Die gemeente se skriba Bianca Swanepoel vertel Kerkbode die familie se wens is dat soveel mense as moontlik die video deel en versprei met die hutsmerk #SayHerName.

  • Hierdie artikel is ’n mediavrystelling of storie wat aan Kerkbode gestuur is. Dit is geredigeer vir lengte, maar basies gepubliseer soos dit ontvang is. 
  • Het jy nuus? Kontak ons gerus per Whatsapp by 072 149 1969 of e-pos: kerkbode@tydskrifte.co.za.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top