
Sowat 20 (meestal) dominees het vanjaar deelgeneem aan die jaarlikse Slypskool vir Skrywers wat Kerkbode in samewerking met die Taakspan Navorsing aanbied. Hier lees deelnemers mekaar se berigte, wat vanjaar fokus op die verslae wat sal dien by die Algemene Sinode-sitting in Oktober.
Prof Cobus van Wyngaard, ondervoorsitter van die Taakspan Navorsing, het op die laaste dag van 2023 se Slypskool vir Skrywers in Johannesburg meer konteks en perspektief gegee oor hoe “prentjie” van die kerk se bedieningskorps in die toekoms mag lyk.