Excelsus het die volledige YouTube-video’s gedeel van die drie hoofsprekers by 2023 se Lentekonferensie.
Dag 1: Teoloog, skrywer en bekende spreker prof Stephan Joubert het gepraat oor die gewilde universele tema, ‘Wanneer kom die einde?’ en dat die kerk moet verstaan dat gelowiges medespelers is om ander te nooi na God se eindtydfees.
[youtube https://www.youtube.com/watch?v=_ZwibpuqybE?si=b7leUeMIGd6R5MK0]
Dag 2: Glanspersoonlikheid Amoré Bekker het vertel hoe die skielike dood van haar groot liefde, dr Robbie Nutt, in 2009 haar gelei het na ’n pad van heling en om stories bymekaar te maak van mense wat engele op hulle pad beleef het.
[youtube https://www.youtube.com/watch?v=luw7xx4ImY8?si=Z-Wr2qWOz2DNIAoc]
Dag 3: Teoloog dr André Bartlett het gepraat oor die tema ‘As it is in heaven. Julle sal die hemel oop sien’ na aanleiding van hierdie bekende teks in die Johannes-evangelie.
[youtube https://www.youtube.com/watch?v=08EYg0DEm78?si=iW7LJSXxQYP66qTu]
