Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Jesus beskryf God in stories, vertellings, en beelde. Jesus is nie ’n abstrakte teoloog wat teoreties oor God praat of dink nie. Dit is die opmerking wat prof Marius Nel (staande) maak ter inleiding van ’n tafelgesprek tydens die tweede dag van die 18de Algemene Sinode. Foto's: Le Roux Schoeman

Jesus, die metaforiese teoloog – Marius Nel

Jesus is ’n metaforiese teoloog. Jesus beskryf God in stories, vertellings, en beelde. Jesus is nie ’n abstrakte teoloog wat teoreties oor God praat of dink nie. Dit is die opmerking wat die professor in Nuwe Testament, Marius Nel van die Universiteit Stellenbosch (US), maak ter inleiding van ’n tafelgesprek na die dagwyding tydens die tweede dag van die 18de Algemene Sinode wat tot 20 Oktober in Boksburg plaasvind.

Nel meen Jesus skep nie nuwe Griekse en Latynse woorde oor God nie. Hy vertel stories.

Lees ook: Marius Nel: Beide is belangrik: Die evangelie van en oor Jesus

Onder die tema: Wie is die God na wie ons verlang? Sy kerk en sy mense? het Nel verduidelik dat die skrywers van die Nuwe Testament nie God met klip, steen en marmer uitgebeeld het nie, maar in metafore oor Hom gepraat het. En dat die verhale gemeenskapsverhale is wat mense aan mekaar bind. Nel meen ook dat Jesus oor God dig deur verhale en stories oor Hom te vertel. Hulle het nie oor God gespekuleer nie, maar oor God in metafore gepraat en dit passievol gedoen.

Dit is in die gelykenisse waar Jesus die duidelikste oor God praat. Nel meen daar is sestien gelykenisse waar God die aktiewe karakter is. In Jesus ontmoet ons God en Jesus word ook as Goddelik beskou. Die gelykenisse nooi ons uit en skep betekenis in die tyd van vandag. Daarom is Jesus die metaforiese teoloog.

Nel sluit af en vra as God werklik is soos Jesus Christus Hom beskryf hóé sal ons leef?

  • Dr Nico Smit is ’n Kerkbode-medewerker.
No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top