Dit wat hieronder gepubliseer word, is nie 'n nuusberig deur die Kerkbode-redaksie nie. Dit is ’n amptelike skrywe van die NG Kerk se Algemene Sinode. Dit word volledig in hierdie afdeling van Kerkbode se webwerf gepubliseer vir die rekord en ter wille van lidmate se vrye toegang tot amptelike inligting in die kerk. - Redakteur: Kerkbode.
- Die AS keur die dokument “Die Voorbereiding vir die Roetemerkers by 12/13 en 17/18” goed;
- Die AS keur die dokument “Ouertoerusting deur ouers by die Eerste Nagmaal van ’n kind” goed;
- Die AS verwys die twee dokumente na al die Taakgroepe betrokke (soos Kategese, Erediens, Missionale Gemeentelike Ontwikkeling) ten einde leiding te neem in die uitrol van hierdie beleid in Sinodes.
- Die AS stuur die twee dokumente aan die 10 Sinodes deur met die versoek dat daar dringend ter uitvoering van die besluite van die AS (2019) deur Ringe en gemeentes aan die ontwikkeling van ’n Roetemerker-kultuur en veral ten opsigte van hierdie twee belangrike Roetemerkers binne die geloofsfamilie aandag gegee word;
- Die AS versoek die huidige taakgroep wat hierdie verslag voorberei het om:
5.1 ’n Kort video (in oorleg met die kantoor van die Algemene Sinode) voor te berei vir gebruik deur Sinodes wanneer hulle hierdie verslag ter tafel neem en in Sinodes uitgerol word;
5.2 die inligting in bevatlike taal vir kerkrade en ouers pamflette voor te berei vir gebruik in die uitrol van die verslag.