Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Elders gesien: Kerkbode … op 175 jaar die ‘oudste gereelde kerkpublikasie in die land’

175 jaar gelede (1849): Die eerste uitgawe van De Gereformeerde Kerkbode in Zuid-Afrika (vandag net Kerkbode) verskyn. Dit is die oudste gereelde kerktydskrif in die land.

Só is Saterdag 13 Januarie in Die Burger berig onder die hofie Vandag wat was

Die eerste uitgawe van die “amptelike blad van die NG Kerk”, soos omskryf in die elektroniese Christelike kernensiklopedie het verskyn op 13 Januarie 1849. Dit was ’n gestroopte blad met blaaie teks, alles in Hollands, wat die amptelike kerktaal was. 

Op bladsy 1 onder die hofie ‘Prospectus’ kry lesers ’n kykie na wat hulle kan verwag van hierdie tweeweeklikse kerkblad wat ds Abraham Faure begin het. Die hoofdoel was om “godsdienstkennis” te versprei met bydraes soos “verhandelingen over de Godsdienst, uitlegkundige aanmerken over den Bijbel, levensberichten van vrome menschen” asook “mededeelingen” rondom die uitbreiding van die Christelike geloof deur die “bemoejingen” van sendelinge.

Onder “Kerknieuws” word enkele name vermeld van wie gedoop, getroud en oorlede is. Dit blyk uit die tweede uitgawe dat gemeentes gou was om bydraes vir hierdie afdeling in te stuur. So meld een inskrywing dat 235 kinders gedoop is tydens ‘n saamtrek by Magaliesberg waar 209 wagen uitgespan het op “de fraaije grasplein” van die kerkterrein. Vanaf Wittebergen is ’n skrywe wat besorg is oor die “ellendigste gevolgen” weens die tekort aan genoeg leraars, veral na die Groot Trek van 1838. Hy skryf onder meer, “Komt hier niet spoedig een herder … dan zal de toestand van zaken hier allerdroevigst worden”. 

Die eerste teologiese kweekskool sou in 1859 op Stellenbosch gestalte kry. 

Lees ook: Kerkbode vat hande met argief om skat af te stof

Bronne: Die Burger, 13 Januarie 2024; digitale databasis van Kerkbode

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top