Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Gemeenteprofiel: Kokstad is ’n plattelandse gemeente met 153 belydende en 27 dooplidmate en 85 besoekpunte. Van die belydende lidmate is 19 in die Ixopo-wyk wat deur ’n emeritus pastorale leraar bedien word. Die gemeente het in Maart 2023 sy eeufees gevier met groot dank aan ons Hemelse Vader. Die gemeente is ’n dolerende gemeente en is deel van die Koinonia Sinode.
Leraarsprofiel: Die leraar moet bely dat die Bybel die onfeilbare Woord van God is wat deur die Heilige Gees geïnspireer is en ons roep tot Skrifgetroue en gehoorsame navolgers van Christus. Die leraar moet ook oor sterk leiereienskappe, ’n positiewe lewensuitkyk en goeie menseverhoudinge beskik.
Vergoeding: Vergoeding sal met die leraar volgens sinodale aanbevelings vanaf kerf 1 tot kerf 3 onderhandel word. Gratis huisvesting in ruim pastorie, krag en water.
Aansoeke: Slegs elektroniese aansoeke word aanvaar met ’n volledige CV met kontakbesonderhede van verwysings. Leraars moet beskikbaar wees vir onderhoude en ’n preekbeurt. Rig aansoeke aan die kerkraad, NG Gemeente Kokstad per e-pos: kokstadng@gmail.com of rnel@sanlam4u.co.za
SLUITINGSDATUM VIR AANSOEKE: 15 APRIL 2024.
Navrae: Leierouderling: Robbie Nel – 039 797 3333 (w), 039 727 3919 (h), 082 784 1644 (s).