Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Kerk Orania: Leraarspos Vastetermyn

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Sluitingsdatum vir aansoeke: 31 Maart 2024.

Die gemeente van Orania is geleë in die Afrikanerdorp Orania in die Noord-Kaap. Die gemeente is ’n groeiende gemeente wat poog om verder saam met die dorp te groei en ook haar roeping as Bruid van Christus uit te leef. Die gemeente bestaan uit 120 belydende lidmate en 30 dooplidmate en ressorteer onder die Ring van Hopetown.

Fokuspunte van die gemeente:

  • Om ingestel te wees op die stem van die Heilige Gees deur Skrifgetroue prediking.
  • Om die bestaande omgeegroepbediening verder uit te brei.
  • Om persoonlik by kerklos-, kerklose en huidige lidmate uit te kom deur middel van huisbesoek.
  • Om ook ons jong mense te bedien.

Leraarsprofiel:

In aansluiting by die ampspligte soos omskryf in Artikel 9 van die Kerkorde, moet die leraar:

  • As wedergeborene Jesus Christus as persoonlike Verlosser en Saligmaker bely.
  • In die Heilige Gees oortuig wees van sy roeping om predikant te wees.
  • ’n Gelegitimeerde predikant of ’n gelegitimeerde emerituspredikant van die NG Kerk wees, wat energie het om die gemeente met sy gawes te bedien.
  • In spanverband met die kerkraad saam te werk, om die gemeente te lei.
  • Die eiesoortigheid van Orania en die Orania-gemeenskap verstaan.

Vergoeding:

Die vergoedingspakket is gelyk aan kerf 1 (R234 191 per jaar) van die riglyne vir vergoedingspakkette vir predikante 2024 /2025. Alle voordele word in die pakket vervat.

Aansoekprosedure:

Stuur ’n volledige CV, met ’n dekbrief, per e-pos aan die skriba: Werner Pereira by werner.pereira@gmail.com

Sluitingsdatum vir aansoeke: 31 Maart 2024.

Navrae kan gerig word aan die voorsitter van die kerkraad:

Oudl Carel Boshoff by 082 892 3150.

Aanstellingsdatum: 1 Augustus 2024 of soos deur die partye ooreengekom.

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top