Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
In biddende afhanklikheid van God Drieënig en met verwagting word die vakature bekendgestel:
Leraar (Vastetermynpos van drie jaar, met moontlike opsie om te verleng)
GEMEENTEPROFIEL:
Ons is ’n een-leraar-gemeente, Noordelike Sinode, Ring van Sesmylspruit, 58 jaar oud.
Wie is ons en waar is ons nou?
- Ons is ’n klein, sterk missionale gemeente in Clubview, Centurion.
- Ons visie: God stuur ons na gesinne in nood en ’n omgewing in nood, om met alle middele tot ons beskikking, sy liefde uit te dra.
- Ons is ’n ouerwordende gemeente met ongeveer 1 400 lidmate.
- Ons het ongeveer 40 kinders in die kategese en ’n sterk seniorbediening.
- Ons het goeie erediensbywoning van ongeveer 150 en 50 lidmate wat aanlyn inskakel.
- Ons het ’n verskeidenheid van bedieninge wat help om die nood in die omgewing te verlig
- Ons het ’n gekoppelde leraarspos wat eersdaags gevul sal wees.
Ons omgewing:
- Ons is deel van die groter Centurion en is in ’n diverse stadsomgewing.
- Ons ervaar ook die ekonomiese uitdagings van beurtkrag, stakings en kwynende bronne.
- Ons lidmate woon in huise, komplekse en aftree-oorde.
- Hier is verskeie skole, hospitale en besighede in ons omgewing.
LERAARSPROFIEL:
- Gelegitimeerde leraar van die NG Kerk.
- Bedieningsvaardighede om met alle ouderdomsgroepe te werk.
- Bestuursvaardighede om geestelike leiding te neem tov take ooreenkomstig artikels en reglemente van die kerkorde.
- Aanpasbaarheid om in ’n veranderende gemeenskap ons visie uit te leef.
TAAKBESKRYWING:
- Leraar in ’n vastetermynpos met totale aanspreeklikheid vir die hele gemeente.
- Take ooreenkomstig Artikel 9 en relevante reglemente van die Kerkorde.
- Uitdagende pos om gemeente te struktureer/herstruktureer na afloop van ’n brugproses nadat vorige leraar na 37 jaar geëmeriteer het.
VERGOEDING:
Onderhandelbaar volgens sinodale riglyne tot en met traktementskaal vlak 5.
Die samestelling van TKVI onderhandelbaar tov traktement, medies, vervoer, behuising en pensioen.
AANSOEKE:
Aansoeke moet vergesel wees van ’n volledige CV en moet die volgende insluit:
- Besonderhede van drie referente en kontakbesonderhede.
- Werksgeskiedenis.
- ’n Skakel na onlangse preek.
Kandidate moet beskikbaar wees vir ’n onderhoud en moontlike preekbeurt.
Kandidate gee toestemming dat inligting wat verstrek word gebruik kan word vir navraagdoeleindes.
Stuur jou aansoek per epos aan: gbs.ngsesmyl@icon.co.za nie later nie as 2 April 2024.
NAVRAE:
- Ds Kobus Sandenbergh (brugleraar) 082 451 1671.
- Johan van Zyl (gemeentebestuurder) 082 453 0102.
DATUM VIR INDIENSTREDING: 1 Julie 2024 of so spoedig moontlik daarna.
Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling uit die aansoeke te maak nie.
