Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
In die voetspore van Jesus
Sluitingsdatum: 30 April 2024 om 12:00.
Diensaanvaarding: DV 1 Maart 2025 of spoedig daarna.
Die kerkraad stel graag hiermee die bogenoemde pos aan gelegitimeerdes met volle ampsbevoegdheid bekend.
- Gemeenteprofiel:
Die gemeente in Kuilsrivier is sentraal geleë, ’n klipgooi vanaf die see, Kaapstad en die wingerde van die Boland. Die gemeente het 1 159 belydende lidmate en 234 dooplidmate en 629 besoekpunte.
Ons gemeentegrense het die afgelope twee dekades vervaag en dus woon ’n groot aantal lidmate, van wie die meeste ouer as 50 jaar is, buite die tradisionele gemeentegrense. Dit vereis unieke bedieningstrukture, ook wat ons jong werkende lidmate betref.
De Eike het tans twee lang dienende leraars wat as geloofsbroers saamwerk en ons vertrou dat dit ’n kenmerk van ons gemeente sal bly.
- Uitnodiging:
Kom werk in hierdie wingerd van ons Vader en wees ’n leraar vir ons gemeente.
- Leer ons van die groot Wingerdboer, deel met ons jou liefde en kennis van Hom aan wie al die eer toekom.
- Bring jou unieke gawes en talente om De Eike-gemeente met die Woord te bedien. Ons wil jou nie beperk tot slegs Kerkorde 9 se pligstaat nie.
- Help ons groei en vrugdra deur vir ons voor te leef, sigbaar met ons saam te werk en ook uit te reik in ons gemeenskap en wyer.
- Gee vir ons leiding, maar betrek ook ons lidmate om mee te werk in die bediening en uitbouing van De Eike.
- Besoek ons gemeente virtueel op https://www.ngkeike.co.za/ om meer te wete te kom.
- Versorging:
- Vergoeding is in ooreenstemming met wat sinodale riglyne aanbeveel.
- Die ruim pastorie binne sig van ons kerkgebou is beskikbaar.
- Rig navrae aan die saakgelastigde: Mariana van Schalkwyk – 021 903 3818 of aan die onderleier van die kerkraad (personeelsake): Piet Rootman – 082 375 0259.
- Aansoek:
Volledige CV en drie raadpleegbare referente aan ons saakgelastigde by: ngkeike@cybersmart.co.za
Die kerkraad behou die reg om nie ’n aanstelling uit die aansoeke te maak nie.
Aansoekers op die kortlys mag gevra word om psigometriese toetse af te lê.