Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2024

NG Kerk Griekwastad: Leraar

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.


Vakature: Leraar (Kontrakpos vastetermyn vir twee jaar) wat na gelang van omstandighede vir ’n verdere twee jaar verleng kan word.

Alle gelegitimeerdes, insluitende emeriti wat by die ABR geregistreer is, word genooi om aansoek te doen.

GEMEENTEPROFIEL:

Griekwastad is ’n plattelandse dorp in die Noord-Kaap, 150 km wes van Kimberley. Die gemeente het sowat 200 belydende en 15 dooplidmate, met heelwat bejaardes. Daar is ’n hoër- en laerskool, maar ons gemeentekinders gaan na skole in Douglas, Kimberley en Jacobsdal. Busvervoer is beskikbaar oor naweke. Daar is ook winkels waar kruideniersware gekoop kan word, asook ’n netjiese en toegeruste staatshospitaal. Hier is nie ’n voltydse dokter of apteek nie, maar staatsdokters geredelik beskikbaar, asook medikasie vanaf Douglas of Kimberley.

Daar is een dorpswyk, een tehuis vir bejaardes en sewe plaaswyke. Die boerderygemeenskap vorm ’n sterk deel van die struktuur en funksionering van die gemeenskap.

LERAARSPROFIEL:

  • Volledige bediening as leraar volgens die bepalings van die Kerkorde. 
  • ’n Lewende en persoonlike verhouding met Jesus Christus. 
  • Ons is ’n tradisionele, behoudende gemeente, en stewig gevestig in die gereformeerde belydenisskrifte, asook Skrifgetroue teologie. 
  • Griekwastadgemeente het ’n leraar nodig wat lief is vir mense, wat insig toon vir die plattelandse boerderygemeenskap se unieke omstandighede en uitdagings, en geroepe voel vir die bediening op die platteland. Goeie menseverhoudings is vir ons baie belangrik. 
  • Dinamiese en Skrifgetroue prediking met optimum gebruik van multimedia. 
  • Verhoudingsbou deur huis- en siekebesoek, asook wyksbyeenkomste. 
  • Besondere aandag aan die bejaardes van Huis Heldersig.

VERGOEDING:

Allesinsluitende pakket tot R360 000 per jaar.

Samestelling van pakket onderhandelbaar.

Gratis huisvesting in ruim pastorie, toegerus met noodsaaklike meublement en meegaande voordele volgens die Kerkorde.

AANSOEKPROSEDURE:

Leraars, proponente en emeriti word uitgenooi om aansoek te doen.

Stuur aansoek, CV en name van drie referente asook antwoorde op die vraelys hieronder aan ngkgriekwastad@gmail.com

VRAELYS:

Beantwoord asseblief die volgende vrae:

  1. Noem die spesiale belangstellingareas wat u in die bediening besonder vervullend vind.
  2. Noem u besondere gawes en hoe u dit in die bediening aanwend.
  3. Motiveer kortliks in ’n paar sinne waarom u die plattelandse bediening aantreklik sal vind.

SLUITINGSDATUM VIR AANSOEKE: 30 Mei 2024.

Diensaanvaarding: So gou as moontlik na sluitingsdatum.

Kandidate moet beskikbaar wees vir ’n moontlike onderhoud en preekbeurt.

Navrae:

Kerkraadvoorsitter: Junior Ludwick: 082 414 8988

Leierouderling: Kobie Herselman: 060 627 1640

Saakgelastigde: Natasha Jacobs: 072 554 4770

Die kerkraad behou hom die reg voor om nie ’n beroep uit te bring uit die lys van aansoekers nie.

Vriende van Kerkbode

Ons benodig jou ondersteuning om ons digitale reikwydte te vergroot deur woord, video en die Kerkbode-podsending…

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.