Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Kerk Monumentpark-Wes: Gemeenteleraar (deeltydse vastetermynpos)

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Die kerkraad stel in biddende afhanklikheid en onder die leiding van die Heilige Gees bogenoemde pos aan gelegitimeerders met volle ampsbevoegdheid bekend. Hierdie pos bied ’n kosbare geleentheid aan ’n leraar om sy/haar bediening te verryk binne ’n gemeente met ’n hart vir God, mekaar en die wêreld.

  1. Beskrywing van die gemeente:1.1 Ligging: Die grense van die gemeente val saam met die geografiese grense van die dorpsgebied Monumentpark-Wes op die westelike hoek van die R21 en Solomon Mahlangurylaan.

    1.2 Samestelling van lidmate: Daar is tans 226 belydende lidmate en 63 dooplidmate. Die grootste getal lidmate val onder die ouderdomsgroepe van 25 tot 59 jaar (132) en 60 tot 100 jaar (106). Dit blyk tans asof meer jonger gesinne besig is om in die gebied in te trek. Daar word ook tans koshuise gebou vir studente van die Sol-Tech beroepsopleidingkollege van Solidariteit net buite die grense van die gemeente. Dit behoort teen September 2024 voltooi te wees. Dit beteken dat daar dan ook ’n groep studente as lidmate van die gemeente sal aanmeld. Daar is ook 49 skoolkinders in die gemeente.

    Die spiritualiteitsprofiel van die gemeente bestaan hoofsaaklik uit ’n rasioneel-belewenis behoefte.

    1. Behoeftes van die gemeente:

    2.1 Gemeentebou en instandhouding daarvan.

    2.2 Die opbou van veral jong gesinne in die gemeente.

    2.3 Unieke maar geestelikgedrewe Woordverkondiging.

    2.4 Gemaklike menseverhoudings en ’n liefde vir menswees.

    2.5 Skrifgefundeerde eredienste met die belewenis dat God regtig aan die woord kom. Geen kapstokprediking nie.

    2.6 Passievol oor jeugbediening.

    1. Leraarsprofiel:

    3.1 Persoonlikheid: Die leraar moet ’n mens-mens wees wat gemaklik met alle lidmate kan kontak maak.

    3.2 Spiritualiteit: ’n Geesvervulde leraar met verkieslik ’n rasioneel-belewenis tipe spiritualiteit. ’n Predikant wat pastorale sorg, geestelike begeleiding en teologiese begeleiding effektief kan hanteer.

    3.3 Prediking: Skrifgetroue bediening van God se Woord waarin die teks uitgelê word en God aan die woord kom.

    3.4 Leierskap en spanwerk: Die leraar moet veral in spanverband met die kerkraad kan saamwerk. Hy moet vanuit sy teologiese toerusting en persoonlike ervaring inisiatief kan neem en die kerkraad en ander gemeentelede stimuleer tot geestelike groei en dienslewering.

    3.5 Verhoudings: Die leraar moet gemaklike verhoudings met alle lidmate handhaaf.

    3.6 Ondervinding: Gepaste relevante ondervinding in bogenoemde.

    1. Vergoeding: Daar sal aan die hand van die sinodale vergoedingspakket, die dienstermyn, ens onderhandel word met die suksesvolle aansoeker.
    1. Aansoeke:

    5.1 Aansoeke moet vergesel word van ’n CV, name en kontaknommers van drie onlangse verwysings, skakels na twee onlangse preke (indien beskikbaar), ’n kort beskrywing van die aansoeker en ’n motivering vir jou aansoek.

    5.2 Aansoeke moet per e-pos gestuur word aan: kerkkantoor@monwes.co.za

    5.3 Aansoekers wat die kortlys haal, moet beskikbaar wees vir ’n psigometriese toets, spiritualiteitsmeting, onderhoud en preekbeurt.

    1. Datum van diensaanvaarding: Julie 2024.
    1. Navrae kan gerig word aan: Die skriba: Me Lee-Anne Bisschoff, 082 337 6682 of AD Watts 082 448 1323.
    1. Sluitingsdatum: 27 Maart 2024.

    9. Die kerkraad behou die reg voor om sonder opgaaf van redes nie ’n aanstelling/beroep uit enige van die aansoekers te doen nie en te heradverteer.

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top