Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2024

NG Windhoek-Wes: Voltydse leraar

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.


Is jy gereed en geroep vir ’n nuwe uitdaging in Namibië? Hier is jou kans om die kerkraad en gemeente te help om hulle doel uit te leef in lyn met die aanvaarde Vaste Fondamente van die gemeente.

Die kerk is in Hochlandpark, Windhoek, en is tans ’n eenleraargemeente. Ons het ongeveer 650 belydende lidmate wat oor ’n uitgestrekte gebied woon en boerelidmate in die Khomas Hochland area insluit.

Ons Vaste Fondamente is gegrond op (i) Suiwer verkondiging van die Woord, (ii) Opbou van die gemeente, en (iii) Uitbou na die samelewing om ons, alles tot eer van God. Naas die vaardighed om uitvoering aan Artikel 9 te gee, soek ons ’n dienaar wat pas in die volgende profiel.

Leraarsprofiel:

  • Christelike waardes en liefde vir God.
  • Skrifgetroue prediking.
  • Verbind tot evangelisasie en dissipelskap as lewenswyse en nie net filosofie.
  • Moet ’n dienaarshart hê wat omgee, versorg en kan identifiseer met vreugde en hartseer van die lewe.
  • Leierseinskappe hê en dissipels/leiers kan oplei.
  • Gelegitimeerd met volle ampsbevoegdheid.

Daaropvolgende proses:

Van alle aansoekers sal verwag word om ’n toepaslike vraelys te voltooi wat met ontvangs van aansoek aangestuur sal word. Dit moet voor sluitingsdatum teruggestuur word. Kandidate wat kortlys haal sal vir onderhoud en moontlike preekbeurt genooi word.

Aansoeke:

Help ons om u te leer ken. Stuur ’n kreatiewe CV van nie langer as drie bladsye met minstens drie kontakbare referente. Kandidaat moet ’n minimum van tien tot vytien jaar voltyds in NG gemeente/s gewerk het.

Stuur aansoeke na: admin@ngwes.com

Sluitingsdatum: 15 April 2024.


Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.