Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2024

NG Beaufort-Wes en Gamkavallei: Voltydse leraar (Drie jaar vastetermynpos)

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.


Sluitingsdatum: 2 April 2024 om 12:00.

Gemeenteprofiel:

Beaufort-Wes is ’n plattelandse dorp geleë in die Karoo, in die Wes-Kaap. Die bedieningsterrein bestaan uit die twee gemeentes wat in kombinasie funksioneer. Beaufort-Wes het 340 belydende en 46 dooplidmate en Gamkavallei het 190 belydende en 62 dooplidmate. Byna al die besoekpunte is in die dorp, met enkele besoekpunte op plase.

Leraarsprofiel:

  • Die geskikte kandidaat moet ’n gelegitimeerde predikant binne die NG Kerk wees.
  • Alle ampstake soos omskryf in Artikel 9 van die Kerkorde moet verrig word.
  • Die geskikte kandidaat moet effektief binne die leefwêreld en konteks van ’n plattelandse gemeente kan funksioneer en bedien.

Die volgende is vir die gemeentes van Beaufort-Wes en Gamkavallei belangrik:

  • Toepaslike ondervinding van vorige gemeente(s).
  • ’n Geesvervulde, energieke, leraar wat oud en jonk passievol met die Woord kan bedien.
  • Ondervinding van geestelike toerusting, kleingroepbediening, jeug en jongvolwasse bediening.
  • Missionale gerigtheid op die gemeenskap en verhoudingsbou met ander gemeentes.

Vergoeding: Die sinodale skaal word as riglyn gebruik tot en met vlak 8.

Diensaanvaarding: So gou as moontlik.

Aansoekproses:

Aansoeke moet vergesel word van ’n CV nie langer as drie bladsye nie asook die kontakbesonderhede van drie referente.

Van alle aansoekers sal verwag word om ’n toepaslike vraelys te voltooi wat u by die kerkkantoor moet aanvra en saam met u aansoek stuur na die skriba, Lynette Bergh, e-pos: ngkbeaufortwes@gmail.com teen 2 April 2024, 12:00.

Navrae:

Voorsitter van die kerkraad: Mnr Jan Stadler, 082 336 2066.

Brugleraar: Ds Christo van Staden, 082 555 5442.

Die kerkraad behou die reg voor om geen aanstelling te maak nie.

Vriende van Kerkbode

Ons benodig jou ondersteuning om ons digitale reikwydte te vergroot deur woord, video en die Kerkbode-podsending…

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.