Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2024

NG Vorentoe: Voltydse leraar

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.


Die kerkraad van die NG Gemeente Vorentoe maak in biddende afhanklikheid die 

vakature van voltydse leraar (onbepaalde termyn) bekend.

Sluitingsdatum vir aansoeke: 7 April 2024.

Gemeenteprofiel: Aan die voet van die Langberg, tussen granietkoppies, waar rooigrond en turfgrond bymekaarkom, lê vir bykans 90 jaar, ’n juweel van ’n gemeente met die naam Vorentoe. ’n Gemeente so 12 km buite Brits, letterlik in die bek van die Bosveld, deel van die groentemandjie van Suid-Afrika. ’n Gemeente met ’n plattelandse identiteit en ’n sterk missionale hart. Die gemeente bestaan uit 655 belydende lidmate, 244 dooplidmate en verskeie lidmate wat vanuit ander denominasies by Vorentoe ’n geestelike tuiste vind. Vorentoe se lidmate werk onder andere in die mynbou, landbou en die sakewȇreld. Daar is ’n groot hoeveelheid lidmate wat elke dag na Pretoria en Johannesburg pendel.

Binne die bedieningsarea van die gemeente is daar twee groot hoërskole en vier uitstekende laerskole. Daar is tans baie jong gesinne wat by Vorentoe inskakel en daarom is die bediening van gesinne vir ons geweldig belangrik. Die gemeente het tans 273 lidmate tussen die ouderdomme 0-19; 247 lidmate tussen die ouderdomme 20-35; 242 lidmate tussen die ouderdomme 36-55 en 178 lidmate tussen die ouderdomme van 56-100. NG Kerk Vorentoe is deel van die Ring van Krokodilrivier en val onder die Noordelike Sinode. Die gemeente neem tans eienaarskap van ’n huis van veiligheid wat deel van die hartklop van ons bediening is. Indien u so ’n bietjie meer oor die gemeente wil weet, gaan loer gerus op ons webblad: www.vorentoe.co.za

Leraarsprofiel: Vorentoe se kerkraad bid vir ’n leraar:

  • wat in ’n lewende verhouding met die Here staan;
  • wat ’n hart vir geloofsvorming en die bediening van gesinne het;
  • wat ’n passie vir pastorale bediening het en persoonlike kontak met lidmate van alle ouderdomme bevorder deur middel van gereelde besoeke aan huis en in hospitale;
  • wat eredienste as kreatiewe ruimtes fasiliteer waarin lidmate werklik die Here kan ontmoet, en vir die lewe toegerus kan word;
  • wat leef met ’n missionale hart vir die gemeente en omliggende gemeenskap;
  • wat goed in spanverband met die kerkraad en onderskeie diensrade sal kan saamwerk;

Vergoedingspakket:

  • Vergoeding streng volgens sinodale riglyne en ondervinding.
  • Reiskoste en ander bedieningsvoordele stel die leraar in staat om vrymoedig te kan bedien.
  • ’n Ten volle gediensde, ruim en goed onderhoude pastorie word voorsien.

Ons nooi alle gelegitimeerde predikante van die NG Kerk wat voel dat hulle ’n moontlike pas vir Vorentoe-gemeente kan wees om met ons in gesprek te tree deur middel van ’n volledige CV met ten minste vyf referente, ’n video (3 min) waarin die aansoekers hulleself bekendstel en ’n motivering bied vir hulle aansoek en drie skakels na opnames van onlangse eredienste. Die bogenoemde kan elektronies gerig word aan: Die Voorsitter van die Pre-advies: Roodekoppies@gmail.com

Leraars wat die kortlys haal, sal gekontak word en moet bereid wees om vir ’n onderhoud en preekbeurt na NG Kerk Vorentoe te kom.

Navrae kan gerig word aan:

Pre-advies Voorsitter: Herman Bosman (066 201 8762).

Voorsitter van die kerkraad: Anton Rudman (082 923 0755).

Ouderling: Adam Barnard (076 488 5851).

Diensaanvaarding: So spoedig moontlik na 1 Mei 2024.

Die kerkraad sou kon besluit om nie ’n aanstelling te maak indien daar nie ’n pas vir die gemeente gevind word nie.


Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top

Ondersteun Kerkbode se joernalistieke projek

Ons redaksionele invalshoek is “Meer lig as hitte”. Ons hou jou op hoogte van kerknuus en bied ’n platform vir verhelderende lesersdeelname.
Teken in op ons weeklikse elektroniese nuusbrief of ondersteun ons werk vir so min as R20 per maand

Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.