Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2025

Andrew Murray Congregation: Voltydse leraar

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.


Die kerkraad van Andrew Murray Johannesburg wag in afhanklikheid van die lewende Here aansoeke in vir die vakature van voltydse gemeenteleraar.

Sluitingsdatum: Maandag 22 April 2024, 12:00.

GEMEENTEPROFIEL

Andrew Murray Johannesburg is in 1966 gestig as ENGELSSPREKENDE gemeente, met die oogmerk om persone wat (destyds) nie Afrikaans magtig was nie, in te sluit in die kerklike lewe van die NG Kerk.

Oor die jare het die gemeente ontwikkel tot ’n geestelike tuiste (eintlik meer familie) vir dese en gene, vir kerloses en kerlosses, vir mense uit radikaal verskillende agtergronde, vir dié wat saam leef en hulle wat alleen loop, vir jonk en oud.

Andrew Murray het ook ’n noue verhouding met Echo Youth Development en stel samewerking met ander gemeentes in die omgewing hoog op prys.

Die gemeente is geleë in die boomryke voorstad Orchards, net noord van die Johannesburgse middestad, naby aan uitstekende skole en universiteite.

Hier is tans ongeveer 300 aktiewe belydende lidmate en 60 dooplidmate.

Andrew Murray is deel van die Ring van Johannesburg.

LERAARSPROFIEL

  1. Gelegitimeerde predikant van die NG Kerk of ’n ander erkende gereformeerde denominasie met geskikte bedieningservaring.
  2. Iemand wat LIEF is vir God, vir hulleself en vir mense.
  3. Geestelik volwasse persoon wat eerlik met hulleself omgaan en bereid is om aan te pas, te leer en te groei.
  4. Iemand met ’n sterk aanvoeling vir liturgie en ’n waardering vir goeie kerkmusiek.
  5. ’n Leier wat nie terugdeins vir diversiteit nie, maar kleurvolheid sien as ’n geskenk uit die Here se hand, en opgaan in die uitdagings om gemeenskappe oor verskille heen te bou.
  6. ’n Persoon wat volledig tweetalig en bekwaam is in Engels en Afrikaans.
  7. ’n Leier wat baie goed in spanverband kan funksioneer en die normale gemeentelike administrasie en organisasie gemaklik hanteer.

PLIGTE

  1. Soos omskryf in Artikel 9 van die Kerkorde.
  2. Ander moontlike pligte soos ooreengekom met die kerkraad en werksgroepe.

VERGOEDING

  1. Sinodale skaal as riglyn, met inagneming van ervaring en lewensomstandighede.
  2. Behuising in gerieflike pastorie beskikbaar op die kerkterrein.

AANSOEKPROSES

  1. Stuur vir ons ’n kort motivering (nie langer as een bladsy) om die beweegredes vir jou aansoek te beskryf.
  2. Stuur asb vir ons ’n kort CV, nie langer as twee bladsye, met drie referente en hulle kontakbesonderhede.
  3. Stuur asb enige skakels na vorige eredienste deur jou gelei.
  4. Rig jou korrespondensie (op Engels) aan: chairman@andrewmurray.co.za

Vir verdere navrae, kontak Herman Kocks (voorsitter van kerkraad):

chairman@andrewmurray.co.za of 082 440 0149.

Vriende van Kerkbode

Ons benodig jou ondersteuning om ons digitale reikwydte te vergroot deur woord, video en die Kerkbode-podsending…

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Kopiereg © Kerkbode 2025

Scroll to Top