Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Sluitingsdatum: 12 Mei 2024.
Diensaanvaarding: 1 Oktober 2024.
In biddende afhanklikheid van die Here stel die kerkraad die pos aan gelegitimeerde leraars met volle ampsbevoegdheid bekend.
Gemeenteprofiel
- Worcester-Oos Gemeente is in die Breëriviervallei in die Wynlanddistrik geleë.
- Ons bedien ongeveer 830 lidmate (belydend: 657 en doop: 173) woonagtig in landelike en dorpsgebied.
- Ons visie is: “Geseënd om te dien.”
- Ons wil graag ’n inklusiewe gemeenskapskerk wees wat verwelkomend is en prakties omgee vir mekaar en ons gemeenskap.
- Ons kuier graag saam en beywer ons vir geestelike groei.
Leraarsprofiel
- Iemand wat in ’n lewende verhoudng met die drie-enige God staan en wat mense kan begelei op ’n pad van geloofsverdieping.
- Opregte, geïntegreerde persoon met goeie menseverhoudings wat goed in ’n span kan saamwerk.
- Vereenselwig met die gemeente se visie in ’n multikulturele samelewing.
- Verkieslik met ten minste tien jaar bedieningservaring.
- Goeie vaardighede met jeug- en familiebediening.
- Veelsydig.
- Die vermoë om op innoverende en inspirerende wyse die gemeente mee te neem op ’n pad van groei.
- Die uitvoer van al die verantwoordelikhede van die amp van predikant, soos verwoord in Artikel 9 van die Kerkorde binne die bedieningsraamwerk van die gemeente.
Vergoeding: Volgens sinodale skaal. ’n Ruim pastorie word voorsien.
Aansoeke: Belangstellendes moet asseblief die volgende elektronies aan ons voorsien by ngkworcoos@gmail.com
- ’n CV (verkieslik nie langer as vier bladsye nie).
- Kontakbesonderhede van drie referente.
- ’n Selfoonvideo (nie langer as vyf minute nie) waarin (a) jy jouself voorstel en (b) jy motiveer waarom jy oortuig is dat jy die geskikte kandidaat vir die pos is.
- ’n Skakel na ’n onlangse preek van jou.
Deur die indiening van ’n CV gee kandidate toestemming dat die inligting soos vervat in hulle CV’s, onderworpe aan die terme en bepalings van die POPI-wetgewing (Protection of Personal Information Act), deur die NG Kerk Worcester-Oos vir kerklike doeleindes, asook vir die beroepingsproses gebruik kan word.
Navrae kan gerig word aan die Voorsitter van die Pre-advies kommissie en DVK:
Ben de Wet, 082 787 9214. E-pos: ben@ddk.co.za
