Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Gemeente Prieska: Medeleraar (Voltydse onbepaalde termynpos)

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Prieska: God se fontein waar almal welkom is.

In biddende afhanklikheid van die Here stel die kerkraad die pos aan gelegitimeerde leraars met volle ampsbevoegdheid bekend.

GEMEENTEPROFIEL:

Die volgende is vir NG Gemeente Prieska uiters belangrik:

  • Ons gereformeerde belydenis, tradisie en spiritualiteit.
  • Geloofsonderskeidende leierskap wat moeite doen om die wil van God te soek en te gehoorsaam.
  • Ons wil ’n liefdesgemeenskap wees (verhoudingsgerig) wat in die samelewing en breër gemeenskap ’n verskil maak.
  • Ons wil ’n inklusiewe gemeenskap wees wat almal wat die evangelie van Jesus Christus wil hoor, ongeag wie hulle is, met ope arms verwelkom en ontvang.
  • NG Prieska bestaan uit vier streke en drie preekpunte. Prieska bestaan uit ’n Bergstreek, Rivierstreek, Marydale- en Niekerkshoop-streek.
  • Prieska is ’n groeiende plattelandse gemeenskap met ’n goeie funksionele laer- en hoërskool asook goeie mediese fasiliteite.

LERAARPROFIEL:

  • ’n Persoon wat na aan die Here leef.
  • ’n Skrifgetroue prediker.
  • ’n Persoon wat ons gereformeerde belydenis liefhet.
  • ’n Persoon wat ons gemeentelede en almal in ons breër gemeenskap sal liefhê.
  • ’n Persoon wat al ons gemeentewaardes met ons deel en ons sal help om te word, wat ons glo ons moet wees, maar nog nie is nie.
  • ’n Persoon wat in spanverband kan en wil saamwerk.
  • ’n Persoon wat intensioneel en doelgerig sal bou aan verhoudings deur middel van doelgerigte huisbesoek en wyksbyeenkomste.
  • Verkieslik ’n leraar jonger as 50 jaar.
  • Om aktief meer jongmense by kerkbywoning en gemeente-aktiwiteite te betrek, beroep ons graag iemand wat passievol is oor die inspirasie van ons jeug.
  • Die leraar sal verantwoordelik wees vir al die bedieningspligte soos uiteengesit in Artikel 9 van die Kerkorde.

VERGOEDING:

Ons wil jou materieel versorg met ’n pakket wat aan die sinodale riglyne voldoen. Die vergoedingspakket is onderhandelbaar met die sinodale skaal en ander voordele en riglyne as basis. Die gemeente beskik nie meer oor pastorieë nie, daarom word ’n behuisingstoelaag voorsien (standplaas Prieska).

AANSOEKE:

  • Alle aansoeke moet vergesel word van ’n volledige CV (maksimum drie bladsye), sowel as die name van drie referente met kontakbesonderhede. Stuur asseblief ook ’n gesinsfoto saam. Gee u MBTI-profiel of ’n soortgelyke persoonlikheidsprofiel.
  • Die aansoeke moet aan skriba@ngkprieska.co.za gestuur word.
  • SLUITINGSDATUM vir aansoeke: 31 Mei 2024.f
  • Kandidate moet vir ’n onderhoud beskikbaar wees. Dit sal wenslik wees indien die eggenoot/eggenote deel van die gesprek kan wees.
  • Indien u vrae het kontak ds Frikkie van Heerden (079 898 2101) of die voorsitter van die kerkraad oudl Danie Swart (083 297 8356).

Die kerkraad behou die reg voor om nie net uit die aansoeke te beroep of enigsins ’n aanstelling te maak nie.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top