Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Oranjemund is in die suidwestelike hoekie van Namibië, waar die Oranjerivier uitmond in die see, oorkant Alexanderbaai, geleë. Rosh Pinah is 100 km oos van Oranjemund geleë en die twee gemeentes werk saam as een gemeente met twee bedieningspunte. Beide dorpe is totaal afhanklik van mynbou en die gemeente het in totaal sowat 150 belydende lidmate. Die gemeente is deel van die Suide Ring van Namibië.
Die gemeente betree ’n nuwe tydvak as gevolg van verskeie veranderinge in die kontekste van die onderskeie dorpe wat aanpassings in ons bedieningsbenadering noodsaak. Die gemeente het al baie kleiner geword en is, in samewerking met die Suide Ring, besig om ’n nuwe bedieningstrategie te ondersoek.
Die leierskap glo dat die gemeente ’n voltydse leraar kan bekostig. Die leraar moet leiding neem om die nuwe konteks te bepaal en te interpreteer vir die toekoms. Ons voorsien voorlopig ’n termynbepaalde pos met opdrag visioenering en ontwikkeling van ’n funksionele bedieningstruktuur. Ons benodig begeleiding met verhoudingsbou in pastorale versorging, gemeente-opleiding en -bemagtiging, en begeleiding met gemeenteroeping as ’n missionale gemeente in beide gemeenskappe.
Leraarsprofiel:
Ons bid dat die Here vir ons ’n toegewyde kind van Hom sal stuur wat geroepe is om ons op hierdie pad te kan lei en saam met die gemeente hierdie ontdekkingsreis wil betree.
Vergoeding:
Ons vertrou dat ons binne sinodale riglyne sal kan onderhandel. Die gemeente voorsien ’n ruim pastorie.
Aansoek:
Enige gelegitimeerde predikante van die Hervormde of NG Kerk wat geroepe voel om by die span aan te sluit, word genooi om hulle CV van maksimum drie bladsye en kontakbesonderhede van ten minste drie referente aan die onderstaande adresse te stuur.
Aansoeke sluit op 20 Mei 2024.
Kandidate wat op die kortlys geplaas word, moet bereid wees om te kom kuier. Indien nodig, kan onderhoude ook deur middel van ’n Zoom-vergadering hanteer word.
Kontakbesonderhede:
Jack Wasserfall (voorsitter van die kerkraad) +264 81 127 1128. E-pos: Jack.Wasserfall@namdeb.com
Karin Grobler (leierouderling) +264 81 257 1068. E-pos: karingrobler68@gmail.com
Kerkkantoor +264 81 1288 830. E-pos: ngomd@iway.na
(Namibiese selfoonnommers kan per WhatsApp of WhatsApp Call gekontak word).
