Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Ballito Gesinskerk NG Noordkus: Voltydse leraarspos

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Sluitingsdatum: 6 Mei 2024.

Die kerkraad stel in afhanklikheid van God die pos bekend. 

  1. Gemeenteprofiel:

NG Noordkus is in die pragtige kusdorp Ballito, sowat 50 km noord van Durban geleë. Ons noem onsself Ballito Gesinskerk, om die karakter en identiteit van die gemeente te weerspieël. Navolging van Jesus is vir ons ’n hoë prioriteit. Ons het ’n funksionele kerkgebou wat goed toegerus is met oudio-visuele tegnologie. 

Ballito (en ons gemeente) groei teen vinnige tempo met talle gesinne wat uit die binneland verhuis na ’n rustiger lewenstyl. Die gemeente is 83 jaar oud en het 427 lidmate. Gemiddelde erediensbywoning: 160 lidmate en besoekers, 69% van lidmate is ouer as 40. ’n jeugwerker is onlangs aangestel en ons jeugbediening groei in getalle. Dit trek heelwat jonger gesinne na ons gemeente.

Bedieninge in die gemeente sluit in: ’n Bybelstudiegroep, vrouebediening “Vroulief”, ’n mannebediening, betrokke by Tuinsig Tehuis vir Bejaardes en Greytown Kinderhuis.  Saam met ander kerke en organisasies sosiaal betrokke by ’n voedingskema vir werkloses en voorsien kos en klere aan behoeftiges. Ons weeklikse vetkoek, pannekoek en koeksisterverkope is legendaries! 

  1. Leraarsprofiel:

Die geskikte kandidaat moet wees:

  • ’n Gelegitimeerde NG leraar met minimum 5 jaar verwante ondervinding.
  • ’n Dinamies leier wat die opbou en uitbou van die gemeente inspirerend en vernuwend kan lei. 
  • Rekenaar en media-vaardig. 
  • Leraar wat Woord maklik verstaanbaar en passievol vir oud en jonk kan bedien. 
  • Bevorder lofprysing en musiek tydens eredienste (’n musikale aanleg sal ’n bonus wees) 
  • Moet in Afrikaans en Engels kan bedien. 
  • Effektief pastorale sorg, geestelike begeleiding en Bybels-teologiese leiding gee. 
  • Met alle ouderdomsgroepe  kan werk.
  1. Vergoeding: 

Basiese salaris, pensioen, medies en vervoertoelaag volgens sinodale skaal, op maksimum posvlak kerf 13. ’n Behuisingstoelaag word aangebied. Pakket en samestelling onderhandelbaar volgens spesifieke behoeftes.

4. Aanvangsdatum: 1 September 2024, of soos ooreengekom tussen die partye.

  1. Aansoeke:
  • Stuur volledige CV (maksimum vier bladsye) en dui opleiding, werkgeskiedenis, bedieningshoogtepunte en VBO status aan. Sluit minstens twee kontakbare referente in.
  • Maak ’n kort video, waarin jy jouself/gesin bekendstel, die rede vir jou aansoek en ook jou gawes, talente en vaardighede noem. 
  • Rig aansoek, CV, video en ’n skakel van ’n aanlyn erediens per e-pos aan: kerkkantoor@noordkus.co.za voor of op 6 Mei 2024. 
  • ’n Aanvanklike aanlyn onderhoud sal moontlik gereël word. 
  • Die Pre-advieskommissie sal onsuksesvolle applikante in kennis stel. 
  • Kandidate op die kortlys moet beskikbaar wees in Mei/Junie vir ’n onderhoud en erediensbeurt.
  • Die kandidaat gee toestemming dat die inligting, soos in die CV vervat, onderworpe is aan die POPIA wetgewing. Alle inligting sal vertroulik hanteer word. 
  • Die Pre-advieskommissie van Ballito Gesinskerk behou die reg voor om self inligting aangaande die aansoeker in te win.
  1. Navrae: 

Detail inligting van Ballito Gesinskerk beskikbaar op: https://www.noordkus.co.za/

Voornemende aansoekers wat meer inligting wil bekom, kan die volgende persone kontak:

Voorsitter: Theanna Taylor 083 378 0742 theanna.taylor@gmail.com

Onder-voorsitter: Marilize Redelinghuys 082 562 4902 redelinghuys.marilize@gmail.com

 Die kerkraad behou die reg voor om nie noodwendig ’n aanstelling uit die aansoeke te maak nie.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top