Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Sluitingsdatum: Voor of op 20 Mei 2024.
Het jy ’n hart vir kinders? Maak dit jou opgewonde om die Next Generation geestelik te bemagtig? Hier is ’n plek vir jou by Moreleta Kerk.
Moreleta Kerk is ’n gemeente in die Ooste van Pretoria met die visie: Waar die Stroom van die Heilige Gees Lewe bring! (Esegiël 47). Moreleta Kinders is gefokus om elke jaar van die kind se ontwikkeling hulle op hulle vlak geestelik te bedien en ’n Geesvervulde bediening te kweek onder elke kind.
Ons is op soek na ’n persoon wat Moreleta Kerk se juniorjeugbediening (voorskool tot graad 6) kan koördineer.
Die Here het jou met die volgede gawes geseën:
- Lief is vir Jesus Christus ons Verlosser.
- ’n Passie en liefde het vir kinders.
- Ervaring in jeugbediening, ten minste drie jaar (voltyds of as student).
- ’n Spanspeler is en lekker in ’n groep funksioneer. Jy het die vermoë om met ongeveer 60 kleingroepleiers te skakel en is gemaklik om hulle te lei, dien en bemagtig.
Verantwoordelikhede
- Koördinering van alles wat by ons juniorjeugbediening gebeur.
- Opleiding en toerusting van ons kleingroepleiers.
- Weeklikse kommunikasie aan ons ouers om hulle deurentyd op hoogte van sake te hou van wat by Moreleta Kerk se juniorjeugbediening gebeur.
- Admin verantwoordelikhede wat saam met die span gedoen word.
Werksure en werkswyse
Ons betrekking is ’n voltydse pos met werksure van 07:45 tot 16:00 in die week en dit vereis van jou om minstens vyf ure op ’n Sondag te werk. Daar word wel deur die week afgevat vir die werk op ’n Sondag soos ooreengekom met die leraar van jou span. As koördineerder werk jy altyd in spanverband.
’n Mededingende salaris sal met die finale kandidaat onderhandel word.
CV’s kan gestuur word na pc.pretorius@moreleta.co.za of salome@moreleta.co.za
