Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
In biddende afhanklikheid van die Here maak die kerkraad van die NG Gemeente Raslouw bekend dat ons van voorneme is om ’n medeleraar te beroep.
Raslouw is ’n voorstedelike gemeente in die suid-westelike deel van Centurion sedert 1976. Die gemeente ressorteer onder die Noordelike Sinode en die Ring van Sesmylspruit. Die leraarspan bestaan tans uit ’n voltydse leraar, ’n deeltydse leraar (senior bediening en laerskoolkategese) en ’n proponent (hoërskool en jong volwasse jeug). Ons het ongeveer 1 650 lidmate (belydende en doop) met 75 wyke met ongeveer 775 besoekpunte. Ons is ’n baie aktiewe gemeente met ’n hegte span kollegas.
KANDIDAAT:
Die kerkraad het besluit om nie vaste vereistes te stel ten opsigte van die kandidaat se diensjare en ondervinding nie en sal alle aansoeke oorweeg volgens die kriteria gestel in die betrokke vraelys. Van die kandidaat sal verwag word om die gemeente te bedien in alle fasette van die gemeentewerk soos omskryf in Artikel 9 van die Kerkorde. Die volgende primêre vereistes is van besondere belang vir die kerkraad:
- ’n Sterk Gereformeerde teologiese uitkyk met ’n besondere klem op die suiwerheid van die leer soos verwoord in die kerk se belydenisskrifte.
- Wat eredienste as kreatiewe ruimtes fasiliteer met die gebruik van sang, musiek en multimedia waarin die lidmate werklik die Here kan ontmoet, en vir die lewe toerus.
- Moet goed binne spanverband kan werk met medeleraars, bedieningsgroepe, die kerkkantoor en die breë gemeente.
- Entoesiasme vir die opbou van die gemeente deur persoonlike kontak met lidmate, pastoraat en huisbesoek.
- Sterk organisatoriese, finansiële en bestuursvaardigheid.
- Sterk passie vir jeugwerk en ontwikkeling [hoërskool en na-skool] sal ook van groot belang wees.
- Ander relevante pligte volgens die pligstaat, vraelys en latere toewysing.
ALGEMEEN:
VERGOEDING: Die vergoedingspakket is in lyn met die sinodale skaal en ander voordele en riglyne as basis.
AANSOEKE:Alle aansoeke moet vergesel word van:
- Voltooide aansoekvorm.
- ’n Volledige CV.
- Twee onlangse getuigskrifte.
- Sowel as die name en kontakte soos verwys in aansoekvorm.
VRAELYS: Kandidate moet ’n vraelys volledig invul wat by die aansoek ingesluit moet word. [Volledige aansoekpakket moet by die kantoor aangevra word per e-pos soos onder].
SLUITINGSDATUM: 28 Junie 2024.
ONDERHOUDE: Kandidate moet beskikbaar wees vir ’n proefpreek en ’n onderhoud indien daartoe versoek.
KOMMUNIKASIE: Alle aansoekers sal skriftelik in kennis gestel word met die verloop van die proses en uitkomste.
KONTAK: Kandidate moet seker maak dat persoonlike e-pos ingesluit word by aansoek aangesien dit gebruik sal word vir alle geskrewe kommunikasie.
Die sentrale kerkraad behou die reg voor om nie te beroep of ’n aanstelling uit die aansoeke te maak nie.
STUUR VOLLEDIGE AANSOEKE AAN: Die voorsitter, Johan du Preez.
E-pos: raslouw2@mweb.co.za
Navrae: Johan du Preez Tel: 083 248-7353. Kerkkantoor: 012 654 3936.
