Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Sluitingsdatum: 30 Junie 2024.
Diensaanvaarding: So spoedig moontlik.
Die NG Kerk Windhoek-Oos is ’n gemeenskap van mense, ’n tuiste, waar ons nie net welkom kan voel en ’n ruimte kan vind om God te dien nie, maar waar ons ook ons roeping kan ontdek en uitleef. Ons is van mening dat ons in ’n uitdagende tyd en uitdagende omgewing geroep word om die Here vreesloos en met vreugde te volg, óór die grense van ons gemaksone. Hier is tans ’n vakature vir ’n dominee wat saam met ons op hierdie pad wil stap.
Belangstellendes kan asseblief vir ons ’n CV stuur na kantoor@ngkerkwindhoekoos.com vergesel van die kontakbesonderhede van drie onlangse referente.
Navrae kan gerig word aan:
Hendrik Koekemoer (+264 81 127 0917 of hendrikk@iway.na).
André Louw by (+264 81 210 5051 of andrelo@iway.na).
Die kerkkantoor se nommer is +264 81 617 8633.
Die kerkraad behou die reg voor om nie te beroep nie.
