Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

In sowel die kerkgebou van Hayfields as die kerksaal is ’n baie treffende kunswerk wat die opgestane Christus teen die agtergrond van die kruis uitbeeld. Dr Nico Simpson, wat namens Bybel-Media die sinode bywoon, het met sy fyn kunstenaarsoog soos volg gereageer: “Die kanselkuns is ’n volledige preek. Dit herinner ons tegelyk aan die gekruisigde en opgestane Christus.” Foto's: Lambert Jacobs

Streeksinode: Selfs die kerkargitektuur is preek op sy eie

By die 97ste sinodevergadering van die NG Kerk in KZN begin elke dag se werksaamhede met die dagopening in die kerkgebou van Hayfields, Pietermaritzburg voordat daar vir die agendasake na die kerksaal geskuif word.

LEES OOK: Ervaring en jeug neem leisels in KZN

Op die eerste dag is die opening deur die oudste leraar met die langste diensjare gelei. Dit is dr Mike Heaney (op kansel in die foto hieronder) van die NG Gemeente Margate wat reeds sedert 1985 in die bediening is en sedert 2006 in KZN diens doen. Die samesang is gelei deur di Tertius Naudé van Meerensee, Ben Klut van Winterton, Lerisa Meyer van Margate en Marlize van Staden van Richarsdbaai.

In sowel die kerkgebou van Hayfields as die kerksaal is ’n baie treffende kunswerk wat die opgestane Christus teen die agtergrond van die kruis uitbeeld. Dr Nico Simpson, wat namens Bybel-Media die sinode bywoon, het met sy fyn kunstenaarsoog soos volg gereageer: “Die kanselkuns is ’n volledige preek. Dit herinner ons tegelyk aan die gekruisigde en opgestane Christus.”


VIDEO: NG Kerk in KZN (Sinode) 

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top