Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Die NG Gemeente Ceres stel hiermee ’n vakature bekend vir die voltydse pos van leraar (onbepaalde termyn), standplaas Ceres.
Die gemeente se behoefte sluit in om ’n pad te stap met iemand vir wie God, die gemeente en gemeenskap ’n prioriteit is. Die geskikte persoon is ’n gelegitimeerde leraar met ’n Skrifgegronde teologie wat dit entoesiasties en verstaanbaar vir alle generasies kan oordra. Die persoon moet ook beskik oor geloofwaardigheid, dapperheid, kreatiwiteit en vernuwende denke om sodoende toekomsgerig te wees.
Die NG Gemeente Ceres is ’n dinamiese gemeente met bykans 600 lidmate wat met momentum die volgende tree in die vestiging van God se koninkryk in Ceres gaan gee. Ceres is 141 km van Kaapstad in ’n pragtige landelike omgewing geleë. Die dorp beskik oor goeie laer- sowel as hoërskole. Dit is ’n sterk ekonomiese omgewing met baie groeigeleenthede.
Minimumvereistes
- Gelegitimeerde leraar van die NGK-familie.
- Blootstelling in die kerklike strukture sal voordelig wees.
- Uitstekende kommunikasievaardighede (Afrikaans).
- Roeping om die gemeente in hulle dienswerk te ondersteun en uit te bou.
- Kreatief en vernuwende denke.
Sluitingsdatum: 31 Julie 2024 teen 12:00.
Diensaanvaardingsdatum: 1 Januarie 2025.
Navrae:
Skriba: Lucia Brand (+27 23 312 1340).
Lid van die Pre-Advieskomitee: Martienet Uys (+27 82 547 5896).
Aansoekproses:
Stuur ’n volledige CV (nie langer as drie bladsye nie) aan: ngceres@lando.co.za
Ons ontvang ook graag die name en kontakbesonderhede van drie referente.
Vergoeding:
Markverwante vergoeding sal bepaal word volgens die bestaande riglyne van die Sinode van Wes-Kaapland asook gebaseer op ondervinding en kwalifikasies van die aansoeker.
’n Ruim pastorie is ook ingesluit in die pakket.
Bevestiging van leraar:
Die suksesvolle kandidaat sal bevestig word as leraar in die NG Kerk.
Die kerkraad behou die reg voor om onafhanklik van hierdie advertensie ’n aanstelling te maak of glad nie die pos te vul nie.