Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2024

NG Gemeente Magaliesburg: Voltydse leraar

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.


In biddende afhanklikheid van die Here stel die kerkraad die volgende vakature bekend.

Voltydse leraar

Iets oor ons gemeente:

Magaliesburg is ’n klein plattelandse dorp in Gauteng, sowat 30 km noordwes van Krugersdorp. ’n Deel van die gemeente lê in Noordwes-provinsie. Die meeste lidmate woon op plase of kleinhoewes in die distrik.

Binne die gemeentegrense is verskeie skole, onder andere Laerskool en Hoërskool Bekker. ’n Aftreeoord, Golden Harvest, is omtrent 10 km buite die dorp. Die gemeente bestaan tans uit 196 belydende en 23 dooplidmate. Byna die helfte hiervan is 65 jaar en ouer.

Iets oor die aansoeker:

Die tipiese aansoeker vir hierdie pos is ’n gelegitimeerde predikant van die NG Kerk wat tuis voel in ’n plattelandse gemeenskap. Hy/sy sal alle fasette van die bediening behartig. Artikel 9 van die Kerkorde vorm die basis van verantwoordelikhede.

Vergoeding: Volgens sinodale skaal. ’n Gerieflike pastorie is beskikbaar op die kerkterrein.

As die Here jou lei om aansoek te doen, stuur jou CV met die kontakbesonderhede van drie onlangse referente na: ngkmagalies@absamail.co.za

Meld asb ook jou ABR-bevoegdheidskode.

Vir enige navrae kan die volgende persone gekontak word.

Miems Bruwer – saakgelastigde – 081 288 0777.

Helmi Breytenbach – huidige leraar – 082 338 4689.

Corrie Rautenbach – leierouderling – 082 619 3717.

Aansoeke sluit: Op 31 Augustus 2024.

Diensaanvaarding: Op 1 April 2025 (of so spoedig moontlik daarna).

Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling uit die geledere van die aansoekers te maak nie.

Vriende van Kerkbode

Ons benodig jou ondersteuning om ons digitale reikwydte te vergroot deur woord, video en die Kerkbode-podsending…

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.