Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2024

NG Gemeente Port Elizabeth-Noord: Predikantspos (permanente pos)

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.


Sluitingsdatum: Vrydag, 31 Julie 2024.

In biddende afhanklikheid van die Here nooi die kerkraad gelegitimeerde predikante van die NG Kerk uit om aansoek te doen vir ’n opwindende pos.

Profiel

Die gemeente bestaan uit 285 belydende lidmate, dooplidmate en jeug uit die omgewing wat ons bedien. Ons leuse is “Omdat God ons bou, maak ons ’n verskil,” en ons waardes: Glo, Bid en Vertrou. Ons rig ons bedieninge hiervolgens in.

In PE-Noord neem bemagtigde lidmate onder leiding van ’n dinamiese kerkraad inisiatief om die Here, mekaar en die gemeenskap te dien. Ons heg groot waarde aan liefde en gebed. Die gemeente het projekte soos vrouebemagtiging, bejaardeversorging, uitreik na die gemeenskap se jeug, ’n sopkombuis, voedselhulp aan behoeftiges en leerders, asook ’n klerebank. Ons het ook ’n fonds wat leerders ondersteun.

Ons omgewing is vir sommige ’n blyplek, vir ander ’n werkplek, en vir nog ander ’n gebied waar verskeie openbare dienste gelewer word. Ons area het woonhuise, meenthuise, woonstelblokke, kleiner fabrieke, hospitale, klinieke en gemeenskapsdienste.

Ons omgewing het drie skole, winkelsentrums en verskeie kleuterskole met hoofpaaie wat ons area deurkruis. Ons is naby blouvlagstrande en die lughawe.

Besoek ons op Facebook by https://www.facebook.com/ngkerk.penoord.1, of op die web by https://ngkpenoord.wixsite.com/mysite (waar die skakels na ons ander sosiale media profiele te vind is).

Leraar

Ons is nie so geïnteresseerd in wat jy kan doen en wat jy ons kan laat doen nie. Ons is meer geïnteresseerd in wie jy is en wat jy ons kan help om te word. Ons leraar het die volgende benadering:

  • Fokus op die ontwikkeling van die gemeente.
  • Bring mense bymekaar, vorm netwerke en sien geleenthede om te dien raak.
  • Is ’n spanspeler wat ander bemagtig om leiding te neem.
  • Beskik oor empatie, ’n fasiliterende leierskapstyl, goeie luistervermoëns, ’n positiewe lewensuitkyk, uitstekende menseverhoudinge (alle ouderdomsgroepe), en ’n sin vir humor.
  • Is tegnologies vaardig, bedien interaktief, en hou van deelname.
  • Gaan voort om ’n multikulturele benadering te ontwikkel.

Opdrag

Artikel 9 van die Kerkorde soos ooreengekom met die kerkraad, gerig op ons konteks.

Vergoeding

Totale koste van indiensname beloop R400 000 en sluit die huistoelaag in. ’n Toelaag vir telefoon en internet word bykomend betaal.

Diensaanvaarding: 1 Oktober 2024 of so gou moontlik daarna. Studente wat in November 2024 gelegitimeer word, is ook welkom om aansoek te doen, in so ’n geval sal ons die aanstellingsdatum aanpas.

Aansoeke

Aansoeke bestaan uit ’n dekbrief wat motiveer waarom jy jouself as leraar van PE-Noord sien, ’n CV, asook die voltooide vraelys beskikbaar by:

www.ngkok.co.za/gemeentes (kliek op pen.doc om die vraelys af te laai). E-pos aansoek aan: pen@ngkok.co.za

Aansoekers moet beskikbaar wees vir evaluering.

Navrae

Rockey Lamastra, 082 215 5487, ngkpenoord@gmail.com

Danie Mouton, 082 9234 178, danie@ngkok.co.za

Sluitingsdatum: Vrydag, 14 Junie 2024.

Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling uit een van die aansoekers te maak nie.

Vriende van Kerkbode

Ons benodig jou ondersteuning om ons digitale reikwydte te vergroot deur woord, video en die Kerkbode-podsending…

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.